NewsNews

Student sterf voor noodsaaklike operasie

Die student van Potch Akademie wat op Oujaarsdag met Malaria gediagnoseer is, is Maandagmiddag omstreeks 14:30 oorlede. Elmien Fourie. Foto: Facebook Die student van Potch Akademie wat op Oujaarsdag met Malaria gediagnoseer is, is Maandagmiddag omstreeks 14:30 oorlede. Slegs twee dae gelede was Elmien Fourie (20) stabiel en kon met haar familie gesels. Sy sou …

Elmien Fourie. Foto: Facebook

Die student van Potch Akademie wat op Oujaarsdag met Malaria gediagnoseer is, is Maandagmiddag omstreeks 14:30 oorlede.

Slegs twee dae gelede was Elmien Fourie (20) stabiel en kon met haar familie gesels. Sy sou ‘n hartoperasie ondergaan, maar het Sondagaand weer ‘n terugslag gehad.

Volgens Manie Fourie, Elmien se pa, was sy bewusteloos en het glad nie reageer nie. ‘n Breinskandering het gewys dat Elmien hewige bloeding op die brein het.

“Die skade wat aan haar brein gedoen was is té groot dat enige operasie sou help. Haar bloeddruk het geleidelik verswak, totdat haar swak hart ook teen 14h30 gaan staan het. Sy het nie gely nie en ons het darem kans gehad om afskeid te neem,” was Manie se boodskap op Facebook.

Elmien was saam met haar gesin in Evander in Mpumalanga toe sy op Oujaarsdag siek geword het.

Related Articles

Back to top button