NewsNews

Wag beseer tydens transitoroof

ʼn Sekuriteitswag is vandag (26 Januarie) omstreeks 13:00 ernstig beseer tydens ʼn transitorooftog naby Nedbank in Buffelsdoornstraat in Klerksdorp. Illustration photo ʼn Sekuriteitswag is vandag (26 Januarie) omstreeks 13:00 ernstig beseer tydens ʼn transitorooftog naby Nedbank in Buffelsdoornstraat in Klerksdorp. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die wag wat ongeveer 40 jaar oud is, …

police,saps

Illustration photo

ʼn Sekuriteitswag is vandag (26 Januarie) omstreeks 13:00 ernstig beseer tydens ʼn transitorooftog naby Nedbank in Buffelsdoornstraat in Klerksdorp.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die wag wat ongeveer 40 jaar oud is, verskeie skietwonde opgedoen. Paramedici van ER24 het die man hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.

Volgens Meiring, is die man in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

Klerksdorp Rekord berig dat ongeveer agt verdagtes na die roof in ʼn wit Hilux bakkie gevlug het. Een van die verdagtes is vermoedelik tydens die voorval gewond.

Veiligheidsgroepe in Klerksdorp het berig dat die verdagtes in die rigting van Potchefstroom gevlug het. Die polisie se lugvleuel in Potchefstroom is glo ook ontplooi om die verdagtes te soek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button