News

Dag Zero: VF Plus vra optrede teen watervermorsing

Die VF Plus versoek in ʼn skrywe die premier van die Wes-Kaap, mev. Helen Zille, om maatreëls in plek te stel en streng op te tree om die vermorsing van water stop te sit, sê dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.   ʼn Videogreep ( https://www.facebook.com/GershOne1/videos/1662558587141699/ ) doen tans die …

Die VF Plus versoek in ʼn skrywe die premier van die Wes-Kaap, mev. Helen Zille, om maatreëls in plek te stel en streng op te tree om die vermorsing van water stop te sit, sê dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.

 

ʼn Videogreep ( https://www.facebook.com/GershOne1/videos/1662558587141699/ ) doen tans die rondte op die sosiale media waarop duidelik gesien kan word hoe mense lang rye hoofsaaklik minibus-taxi’s in die straat was terwyl water in strome die straat afloop.

 

Dr. Mulder sê dit is totaal onaanvaarbaar dat mense toegelaat word om oënskynlik ongemeterde, gratis water op groot skaal vermors terwyl diegene wat vir water betaal, onder streng beperkings staan en boonop beboet word indien hulle die beperkings oorskry.

 

“Die VF Plus versoek mev. Zille om streng maatreëls in te stel en toe te pas wat informele ondernemings sal verbied om water te vermors.

 

“Die mense op die video het duidelik kennis geneem van die stad se besluit dat informele woongebiede nie deur Dag Zero geraak sal word nie. Dit is onaanvaarbaar en daar moet opgetree word. Die VF Plus sal hieroor ʼn wakende oog hou,” sê dr. Mulder.

Related Articles

Back to top button