News

Vermeende sanddiewe die naweek vasgetrek

Die afgelope naweek is daar weer ’n deurbraak gemaak met die inhegtenisname van twee verdagtes vir die diefstal van sand by die ou begraafplaas in Parys. Hulle sou Maandag in die hof verskyn het Hierdie misdryf is ’n jarelange probleem in Parys. Hiervan is die massiewe gate wat gegrou is, en wat duisende rand sal …

Die afgelope naweek is daar weer ’n deurbraak gemaak met die inhegtenisname van twee verdagtes vir die diefstal van sand by die ou begraafplaas in Parys.
Hulle sou Maandag in die hof verskyn het
Hierdie misdryf is ’n jarelange probleem in Parys. Hiervan is die massiewe gate wat gegrou is, en wat duisende rand sal kos om te rehabiliteer, die stille getuienis.
Een van die verdagtes wat die naweek in hegtenis geneem is, is vroeër ook al vir dié diefstal in hegtenis geneem, maar weer vrygelaat.
’n  Duidelike kennisgewingbord wat waarsku dat die diefstal van die sand ’n kriminele oortreding is en oortreders vervolg sal word, is twee jaar gelede by die begraafplaas aangebring.
Raadslid Saal de Jager het na aanleiding van die arrestasie ’n  dringende beroep op inwoners gedoen om hulle nie ook skuldig te maak aan die misdryf deur sand te verwyder, of rommel te strooi op nie-toelaatbare plekke nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button