NewsNews

Koshuisdrag slegs vir na-uurse gebruik

Die universiteitsbestuur van die Noordwes Universiteit het in ʼn verklaring bekend gemaak dat vir die res van die tydperk van Registrasie en Oriëntasie (R&O) koshuisdrag slegs na 17:00 gedra mag word. Eerstejaarskoshuisdrag mag slegs na 17:00 gedra word. FOTO: FACEBOOK/NWU potch 2018   Volgens dié verklaring uit die vise-kanselier, prof. Dan Kgwadi, se kantoor word …

Eerstejaarskoshuisdrag mag slegs na 17:00 gedra word. FOTO: FACEBOOK/NWU potch 2018

 

Volgens dié verklaring uit die vise-kanselier, prof. Dan Kgwadi, se kantoor word die dra van koshuisdrag, wat tradisioneel deur eerstejaars gedra word, tydens dié tydperk tussen 08:00 en 17:00 verbied.

Dit sluit nie klere met die NWU handelsmerk of koshuishoede of rugsakke wat reeds gekoop is in nie.

Voorts word gesê “taal moet op so manier gebruik word sodat dit nie uitsluitend is nie. Die NWU se taalbeleid moet ten alle tye geïmplementeer word. Dit wil sê ons moet tolkdiensste gebruik waar moontlik. As tolkdiensste nie beskikbaar is nie, moet alles vertaal word,” lui die verklaring.

Volgens prof. Kgwadi, is hierdie maatreëls op geen manier ‘n poging om die studentelewe in koshuise op enige kampus te onderdruk nie.

“Ons moedig alle spontane of georganiseerde aktiwiteite aan, solank dit nie op enige student, eerstejaar of senior afgedwing word nie en ten alle tye die menswaardigheid van almal erken en respekteer,” het hy gesê.

Die kampusstudenteraad (KSR), onder leiding van Jacques Hugo, KSR-voorsitter, het ‘n verklaring uitgereik waarin die KSR die feit dat hulle nie voor die besluit geneem is geraadpleeg is nie, betreur.

Volgens dié verklaring ondersteun die KSR die beginsels wat as redes vir die besluit gegee is, maar dat die besluit nie dié beginsels ondersteun nie. Die KSR het ‘n dringende vergadering met die bestuur aangevra om die saak te bespreek.

‘n Boodskap het glo op sosiale media die rondte gedoen wat studente maan om deur middel van ‘n optog die besluit teen te staan. Die KSR het egter studente gewaarsku om nie aan so ‘n aksie deel te neem nie.

“Die wyse waarop ons nou reageer is van kardinale belang. Hierdie is ‘n emosionele besluit wat deur die NWU bestuur geneem is en ons kan nie dieselfde doen nie,” lui die verklaring.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button