NewsNews

Geweld by Hoërskool Delportshoop wek ook kommer

Dit is nie net by die Hoërskool Overvaal waar daar probleme is met die plasing van leerlinge nie. Lees wat sê dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se provinsiale leier in die Noord-Kaap, oor probleme wat tans in Delportshoop ondervind word.   Persverklaring deur die Vryheidsfront-Plus: Die VF Plus deel die onsteltenis van die gemeenskap …

 

Persverklaring deur die Vryheidsfront-Plus:
Die VF Plus deel die onsteltenis van die gemeenskap van Delportshoop oor die geweld wat verlede week by die Hoërskool Delportshoop (gekombineerde skool) uitgebreek het, sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die Noord-Kaap.

Dr. Boshoff sê luidens berigte is die oorsaak van die probleme ‘n onvoldoende vermoë by die nabygeleë dubbelmedium-hoërskool om aan die behoeftes van Afrikaanssprekende matriekleerders te voldoen.

Hy sê die enkelmedium Hoërskool Delportshoop moes daarom oor die jare reeds verskeie kere intree om ‘n krisis af te weer. Vanjaar het die Noord-Kaapse onderwysdepartement na bewering die versekering gegee dat die dubbelmediumskool voldoende personeel sou hê.

“Die Hoërskool Delportshoop is nou weer op die nippertjie opdrag gegee om weer in te staan. Daar is na bewering vakke wat die skool nie aanbied nie en onsekerheid het ontstaan oor hoe om die vraagstuk te hanteer. Volgens berigte het die ‘inkomende’ leerders gewelddadig gereageer, kinders en onderwysers aangerand en bande gebrand.

“Die VF Plus veroordeel hierdie gebeure in die sterkste taal denkbaar. Dit is simptomaties van die ANC-regering wat steeds die skuld vir swak onderwys op apartheid pak, maar nie eers die mees basiese verpligtinge teenoor die gemeenskap kan nakom nie.

“Dit is wat gebeur wanneer ‘n party met die slagspreuk ‘Liberation before Education’ aan bewind kom,” sê dr. Boshoff.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button