NewsNews

Gesonde tande kan jou hond langer laat leef

Honde wat se tande gereeld geborsel en versorg word, het oor die algemeen ’n baie langer lewensverwagting as ander honde. Die meeste troeteldiereienaars wil hê hul honde moet ’n lang en gelukkige lewe leef, maar besef nie dat deur slegs na jou hond se tande om te sien, jy kan keer dat die hond verskeie… …

Die hond na sy tande deur dr. van der Nest skoongemaak is. Foto: verskaf

Die hond na sy tande deur dr. van der Nest skoongemaak is. Foto: verskaf

Honde wat se tande gereeld geborsel en versorg word, het oor die algemeen ’n baie langer lewensverwagting as ander honde. Die meeste troeteldiereienaars wil hê hul honde moet ’n lang en gelukkige lewe leef, maar besef nie dat deur slegs na jou hond se tande om te sien, jy kan keer dat die hond verskeie gesondheidstoestande opdoen.

Nie baie mense weet dat hulle veronderstel is om na hul honde se tande om te sien nie. Dit is die siening van ‘n Potchefstroomse veearts, dr. Douw van der Nest, wat onlangs weer ’n hond met slegte tande moes behandel.
’n Hond se tande moet gereeld geborsel word, en die hond moet van die ouderdom van vier jaar oud ten minste elke twee jaar ’n veearts besoek om sy tande te laat skoonmaak.

Nie net sorg dit dat die hond se asem beter ruik nie, maar dit help ook om plaak te voorkom, wat later kan lei tot nierprobleme en hartversaking.

Dr. Douw van der Nest wys hoe tandvleisontsteking in 'n hond se mond lyk, teenoor hoe 'n gesonde mond lyk. Foto: Marianke Saayman

Dr. Douw van der Nest wys hoe tandvleisontsteking in ‘n hond se mond lyk, teenoor hoe ‘n gesonde mond lyk. Foto: Marianke Saayman

“Plaak wat bestaan uit kos en bakterieë is die bron van kieme vir mangelontsteking en periodontitis (inflammasie van die weefsel om die tande) wat die tandvleis, die tandkas en duisende ligamente wat die tand in die tandkas vasanker, aantas,” sê dr. Van der Nest.

Hy het verduidelik dat sodra ’n hond kroniese tandvleisontsteking kry, lyk die tandvleis rooier en ook meer verhewe bo die tande. Erge ontsteking veroorsaak ook ’n verlies aan tandvleis, wat dan die tandwortel ontbloot. Aangesien die tandwortel, anders as die kroon self, geen emalje laag oor het nie, groei plaak makliker daaraan, en veroorsaak dit verdere erosie van die tandvleis.

’n Hond met tandvleisontsteking het ook opmerkbare slegte asem. “Die slegte asem belemmer sy verhouding met die mens en mense wil dan nie meer hê hulle honde moet naby hulle kom nie,” sê dr. Van der Nest.

Verder veroorsaak seer tandvleis dat die hond eerder sagte kos eet, maar dit versnel net die probleem nog meer en veroorsaak dat die hond moeilik eet.

'n Hond met erge tandvleisontsteking. Foto: Verskaf

‘n Hond met erge tandvleisontsteking. Foto: Verskaf

Die hond na sy tande deur dr. van der Nest skoongemaak is. Foto: verskaf

Die hond na sy tande deur dr. van der Nest skoongemaak is. Foto: verskaf

Tandvleisontsteking veroorsaak ook gedragsveranderinge soos teruggetrokkenheid, iesegrimmigheid en aggressie wanneer die hond aangeraak word.

Volgens dr. Van der Nest is die grootste oorsaak van sterftes by ou honde en katte kroniese nierversaking, en die kanse daarvoor is veel groter as die hond slegte tande het. Wanneer ’n troeteldier nierinfeksie het, het hulle vir weke lank pyn in hul niere en kroniese nierversaking veroorsaak oor ’n lang tydperk ’n siek gevoel, lusteloosheid en depressie.

Volgens dr. Van der Nest is die simptome nie baie opvallend nie.

“Troeteldiere leef totaal vir hul eienaars. Hulle sien u dalk vir ’n oomblik, dit maak hul dag en die stert swaai, maar dalk is daar ’n ondraaglike tandpyn en diep seer niere,” sê dr. Van der Nest. Troeteldier tandepasta kan by die meeste veeartse gekoop word en dr. Van der Nest moedig Potchefstromers aan om hul troeteldiere na ’n veearts te neem om na hul tande om te sien.

“Ons gaan self tandarts toe, maar ons vergeet dat ons troeteldiere ook tande het waarna gekyk moet word.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button