News

Van kunswerke tot koorfees, ‘n “colour run” en skuimpartytjie vir dorp se kunstefees

Groot nuus vir Parys is ’n  eerste kunstefees – die Parys Kunstefees – wat van 29 Maart tot 15 April in die dorp gehou word. Die fees is uniek in die sin dat dit oor provinsiale grense sal strek – in beide die Vrystaat en Noordwes, en van die ooste tot die weste van Parys. …

Groot nuus vir Parys is ’n  eerste kunstefees – die Parys Kunstefees – wat van 29 Maart tot 15 April in die dorp gehou word.
Die fees is uniek in die sin dat dit oor provinsiale grense sal strek – in beide die Vrystaat en Noordwes, en van die ooste tot die weste van Parys.
Die organiseerders van die fees beplan om alle genres van die kunste te verteenwoordig en te bevorder. Uit gesprekke met plaaslike kunstenaars en besighede, is dit duidelik dat die fees oraloor verwelkom en ondersteun word. Parysenaars is reeds baie opgewonde hieroor.
Die publiek sal tot en met die fees weekliks op datum gehou word van nuwe gebeure en planne.
Lokale wat reeds deel is van die fees, sluit onder meer in Sunwa, Trading Post, Stonehenge in Africa, Egweni, The Dog & Fig Brewery, The Garden Lifestyle Centre, Kiki’s, Dieu Merci!, Pines Antiques, Hennie Kruger Galery, Coral Art Galery, Die Rooi Granaat Galery, En Style, Devondale, Hotel Le Grand Chateau, Godlife, Parys stasie, die pomphuis en Palesa Precinct.
Daar word heelwat gesogte kunstenaars van buite Parys na die fees genooi om ’n hoë standaard daar te stel, en ’n wye reeks kuns aan die publiek te bied. Kunstenaars van sover as Natal het reeds deelname bevestig.
Dit sluit onder meer in Mariaan Kotze, Susan Greyling, Nic Oosthuizen, Wim Rautenbach, Gretchen Crots, Rika Senekal, Dieter Berner, Manthata Solly, Coral Fourie, Hennie Kruger, Riaan van den Berg, Nico van Rensburg, Phillip Steyn, Rentia Coetzee, Wess-lee, Victoria Janeke Botma, Jennifer Steyn, Thea van Staden, Cobus van Wyk, Karin TerBlanche, Smit Engelbrecht, Sonja Trautman, Louise de Klerk, Wilma Marais, Candice van der Westhuizen, Lisa Cullinan, Ilze Botha, Belinda Elrix, Water- fall Galery en Objects.
Die organiseerders vra dat almal by wie hulle nog nie kon uitkom nie, asseblief geduldig moet wees. Daar sal met elkeen kontak gemaak word.
As daar enige kunstenaars van Parys is wat per abuis oorgeslaan is, skakel asseblief met die organiseerders vir meer inligting oor deelname. Hoogtepunte wat intussen deel geword het van die opwindende feesprogram, is ’n Werner Dey modeparade by Casa Cara, ’n koorfees by Sunwa op die walle van die rivier, ’n skuimpartytjie vir die kinders, ’n rock musiekfees, ’n “colour run”, ’n “kunstige” honde stap, ’n kompetisie waar enige kunstenaar, binneshuisversierder, mense wat kreatief met hout kan werk of watter kunsvorm ookal, ’n kunstige stoel kan inskryf vir die fees.
Die wenner sal ’n prys ontvang en alle stoele sal tydens die fees ten bate van liefdadigheid opgeveil word.
Hierbenewens kan uitgesien word na talle werkswinkels en kunsdemonstrasies.
Kom raak deel van die organisering van hierdie fees wat beloof om ’n  groot toerisme-inspuiting vir die dorp te wees. Maak seker jy hou ook die webblad www.parysartsfestival.co.za dop.
Dankie aan elkeen wat reeds deel is van hierdie groot en opwindende projek vir Parys.

Related Articles

Back to top button