NewsNews

Oppas vir iets wat té goed klink om waar te wees

Die polisie waarsku weer eens die publiek om baie versigtig te wees vir enige slim slenters waarmee mense dikwels hul swaarverdiende spaargeld verloor. Dit gebeur al meer dat mense val vir die slim praatjies van mense wat beloftes maak van ’n  vinnige geldjie wat gemaak kan word, hetsy deur gelukspel, kaartspel of selfs internet bedrog. …

Die polisie waarsku weer eens die publiek om baie versigtig te wees vir enige slim slenters waarmee mense dikwels hul swaarverdiende spaargeld verloor.
Dit gebeur al meer dat mense val vir die slim praatjies van mense wat beloftes maak van ’n  vinnige geldjie wat gemaak kan word, hetsy deur gelukspel, kaartspel of selfs internet bedrog.
Moet onder geen omstandighede jou bankbesonderhede of persoonlike inligting vir vreemdelinge gee nie. Laat staan nog geld oorbetaal of enige persoonlike inligting gee as jy nie weet wie die ontvanger is en alle moontlike inligting wat jy het, behoorlik nagegaan het nie.
Pasop vir internet koop en verkoop transaksies, veral waar jy vermoed iets nie pluis is nie. Dit kan nie kwaad doen om eers die koper of verkoper se besonderhede deeglik na te gaan nie.
As jy nie vir ‘n kompetisie ingeskryf het nie, is die kanse bitter skraal dat jy ‘n kompetisie gewen het.
As jy e-posse ontvang waar persoonlike inligting verlang word, skakel eerder die instansie en maak seker dat die e-pos wel uitgestuur is en of jy die inligting elektronies moet verskaf. Selfs banke en die Inkomstediens was al slagoffers van gewetenlose misdadigers wat vals e-posse gebruik om mense se inligting te verkry.
Wees versigtig wie jy in jou huis toelaat. As daar opnames gedoen word, dring aan op bewys van identifikasie en amptelike skrywes waarop die motivering vir die opname verduidelik word – veral as jy nie bewus is van enige opnames wat gemaak gaan word en waar jou persoonlike inligting gevra word, of vreemdelinge toegang tot jou huis wil hê nie.
Moet onder geen omstandighede vreemde mense in jou huis toelaat nie. Maak ook seker jou kinders en diegene wat vir jou werk, weet ook om nie mense sommer net in die huis toe te laat, tensy jy duidelike instruksies daarvoor gegee het nie.
Huisbrake en voertuigdiefstal bly selfs in ’n klein dorpie soos Parys, ’n kopseer vir die polisie. Die afgelope week is twee voertuie, ’n 1994 Isuzu bakkie en 1992 Nissan 1400 bakkie onderskeidelik in Delver- en Boomstraat gesteel. Dit blyk veral ouer model voertuie te wees wat tans geteiken word.
As jy verdagte voertuie, persone of bewegings in jou woonbuurt sou opmerk, rapporteer dit sonder versuim aan die polisie.
Hou kontak met jou bure en weet wanneer hulle nie tuis is nie. Sluit jou deure en hou vensters toe – veral saans. Aktiveer jou alarm wanneer jy nie tuis is nie, en ook saans. Toets gereeld jou alarm en paniekknoppie.
Hou noodnommers sigbaar by jou telefoon. Moenie tuingereedskap of enige ander gereedskap buite laat lê nie. Maak saans jou gordyne toe. Jy wil nie hê ander moet sien presies waar wat in jou huis is nie.
Bêre waardevolle items en hou in gedagte dat misdaad ’n werklikheid is.

Related Articles

Back to top button