NewsNews

“Ons is nie hier vir julle nie,” sê rowers

Twee gewapende jong mans wat gisteroggend (Woensdag 17 Januarie) ‘n klerewinkel in Parys helder oordag net na 10:00 beroof het, het eers die personeel en kliënte gerusgestel dat hulle nie daar is om hulle seer te maak nie, voordat hulle hul slagoffers vasgebind en met hul buit gevlug het. Die personeel en vier kliënte wat …

Twee gewapende jong mans wat gisteroggend (Woensdag 17 Januarie) ‘n klerewinkel in Parys helder oordag net na 10:00 beroof het, het eers die personeel en kliënte gerusgestel dat hulle nie daar is om hulle seer te maak nie, voordat hulle hul slagoffers vasgebind en met hul buit gevlug het.

Die personeel en vier kliënte wat op daardie stadium  in Exact in Korstraat was, is almal na die stoorkamer agterin die winkel geneem en daar vasgebind. Gelukkig het van die personeel kort voor die roof gaan bank en is net die geld in die kasregisters en 106 selfone gevat. Niemand is in die roof beseer nie.

‘n Niksvermoedende motorwag wat die mans met ‘n maroen/rooikleurige Audi A4 met Gauteng-registrasienommer sien stilhou het, het ná hulle  by Exact ingestap waar die mans hom R50 gegee het om gou vir hul te gaan koeldrank koop. Die motorwag wat salig onbewus was van wat die mans beoog om te doen, is weg om die koeldrank te gaan koop, en toe hy terugkom het hy in die roof ingestap. Ook hy is na die stoorkamer geneem saam met die ander slagoffers.

Nadat die rowers die koeldrank-lafenis geniet en met die gesteelde geld en selfone weg is, het ‘n vrou daarin kon slaag om haarself  en van die ander slagoffers los te maak , en is die polisie ontbied.

Een van die rowers kan moontlik verbind word met ‘n soortgelyke roof by Exact in November 2017.

‘n Saak van besigheidsroof word ondersoek. Enigeen wat moontlik iets sou gesien het of inligting het wat die polisie kan help met hul ondersoek, word gevra om speur-kapt. Gert Bruwer te skakel by 082 466 8094.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button