NewsNews

Noordwes parlementslid in hof oor veediefstal

ʼn ANC-parlementslid van Noordwes, is Vrydag (12 Januarie) deur die Vryburgse veediefstal-eenheid by dié dorp se veilingkrale vasgetrek. Sy en twee mede-beskuldigdes is in hegtenis geneem vir die diefstal van twee kalwers wat hulle vermoedelik by die veiling van die hand wou sit. Mapule Veronica Mafolo en haar mede-beskuldigdes het Maandag in die landdroshof op… …

police,saps

Illustration photo

ʼn ANC-parlementslid van Noordwes, is Vrydag (12 Januarie) deur die Vryburgse veediefstal-eenheid by dié dorp se veilingkrale vasgetrek.

Sy en twee mede-beskuldigdes is in hegtenis geneem vir die diefstal van twee kalwers wat hulle vermoedelik by die veiling van die hand wou sit.

Mapule Veronica Mafolo en haar mede-beskuldigdes het Maandag in die landdroshof op Schweizer-Reneke verskyn waar sy met ʼn waarskuwing vrygelaat is terwyl haar mede-beskuldigdes elk op borgtog van R800 vrygelaat is.

“Die ANC stel ʼn voorbeeld van misdadigheid, vergrype en swak leierskap vir die hele land,” het Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes gesê.

Volgens Groenewald is dit ʼn absolute skande dat ʼn persoon wat lid van een van die hoogste gesagstrukture in die land en ʼn prominente lid van die regerende party is, haarself moontlik skuldig maak aan iets so ernstig soos veediefstal.

“Veediefstal is ʼn baie ernstige misdaad en ʼn groot probleem in Suid-Afrika wat van alle kante beveg moet word.  Dit is ondenkbaar dat ʼn persoon wat veronderstel is om ʼn voorbeeld te stel haarself daaraan skuldig kan maak. Die VF Plus sal die saak met groot belangstelling dophou wanneer die beskuldigdes weer op 15 Februarie in die hof verskyn,” sê Groenewald.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button