NewsNews

Gesin vra gemeenskap se ondersteuning om babadogtertjie ’n toekoms te bied

Die ouers van klein Izjané Melindi Potgieter hou op 27 Januarie ’n kermis by Laerskool President Pretorius om fondse in te samel vir hul dogtertjie om ’n baie belangrike operasie te kan ondergaan. Klein Izjané Potgieter. Foto: Verskaf Die ouers van klein Izjané Melindi Potgieter hou op 27 Januarie ’n kermis by Laerskool President Pretorius …

Klein Izjané Potgieter. Foto: Verskaf

Klein Izjané Potgieter. Foto: Verskaf

Die ouers van klein Izjané Melindi Potgieter hou op 27 Januarie ’n kermis by Laerskool President Pretorius om fondse in te samel vir hul dogtertjie om ’n baie belangrike operasie te kan ondergaan.

Izjané is 11 weke oud en is gebore met Kraniosynostose, wat beteken dat die sagte plekke in haar kop toegegroei het, en daar nie spasie is vir haar brein om verder te groei nie. Die operasie behels dat ’n gedeelte van haar skedel uitgehaal moet word, om plek te maak vir haar brein.

“Ons doel met die kermis is om die nodige gelde in te samel vir die operasie,” sê Izjané se ma, Jennifer. Izjané se operasie word by die Eugene Marais hospitaal in Pretoria-Noord gedoen, en so ‘n operasie is baie duur. “Ons is nie seker wat dit gaan kos nie, maar ons weet van ’n deposito wat ons moet betaal voor sy die operasie op 5 Februarie kan ondergaan,” sê Jennifer.

Die gesin beplan om ’n paar kosstalletjies en vermaak vir kinders by die kermis aan te bied. Daar gaan moontlik ook sangers wees wat gaan optree. Twee Leeus rugbytruie wat deur die 2017 Super Rugbyspan geteken is gaan ook op ’n veiling verkoop word.

“My man is in September afgedank en soek nog werk, so ons kan tans nie die mediese fonds op net my salaris bekostig nie,” sê sy.

“Ons wil nie net bakhand staan en vra vir donasies nie, daarom hou ons ’n kermis. Ons wil werk vir die geld sodat mense wat ons ondersteun iets terug kry.”

Stalletjies word verhuur teen R500 ’n stalletjie. Skakel Jennifer by 073 599 1281 om betrokke te raak, en ’n verskil in klein Izjané se toekoms te maak.

Daar is ’n Facebook blad geskep ter ondersteuning van Izjané, naamlik Izjané Melindi met Craniosynostosis.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button