NewsNews

Nuwe lone vir huiswerkers nou van krag

Na bevestigings uit verskeie oorde dat daar geen loonverhogings sal wees vir huiswerkers vir Desember 2017/2018 nie, maar dat die verhogings eers in Mei 2018 in werking sal tree met die Nasionale Minimum Loon, is die aanpassings op die Sektorale Vasstelling toe wel op 15 Desember 2017 geteken. Volgens Dynamic Labour Solutions is daar egter …

Na bevestigings uit verskeie oorde dat daar geen loonverhogings sal wees vir huiswerkers vir Desember 2017/2018 nie, maar dat die verhogings eers in Mei 2018 in werking sal tree met die Nasionale Minimum Loon, is die aanpassings op die Sektorale Vasstelling toe wel op 15 Desember 2017 geteken.
Volgens Dynamic Labour Solutions is daar egter steeds onsekerheid oor ander sektore waar binnekort verhoging moet intree soos met die Kleinhandel en Plaaswerkers.
Die loonverhogings vir huiswerkers wat in werking getree het vanaf 1 Januarie 2018, en waarvan werkgewers gevolglik die eerste verhoogde loon einde Januarie 2018 sal moet betaal, is dus as volg:
(Die verhogings is gebaseer op ’n  45 uur werksweek
Neem asseblief ook kennis dat hierdie Area B is – Parys, Vredefort, Koppies en Viljoenskroon. Potchefstroom, Sasolburg en Klerksdorp val almal onder Area A.
Huiswerker-loon 1 Januarie 2018 – 30 November 2018

Area A
27 uur of meer per week
Uurliks: R13.05
Weekliks: R587.40
Maandeliks: R2 545.22
Area A
27 uur of minder per week
Uurliks: R15.28
Weekliks: R412.60
Maandeliks: R1 787.80

Area B
27 uur of meer per week
Uurliks: R11.89
Weekliks: R534.91
Maandeliks: R2 317.75
Area B
27 uur of minder per week
Uurliks: R14.03
Weekliks: R378.83
Maandeliks: R1 641.48

Mense wat navrae het oor die nuwe lone, kan Annatjie by Dynamic Labour Solutions  by (056) 817 2224 kontak.

Related Articles

Back to top button