NewsNews

Klapper-trauma

Met die polisie wat reeds hul hande vol het met wetstoepassing en ander misdrywe op oujaarsaand, blyk dit asof net munisipale regulasies die afvuur van vuurwerke binne die Ngwathe munisipale grense kan stopsit. Iets waaraan tot op hede nog nie aandag gegee is nie. Boonop voel inwoners dat daar strenger opgetree moet word teen handelaars …

Met die polisie wat reeds hul hande vol het met wetstoepassing en ander misdrywe op oujaarsaand, blyk dit asof net munisipale regulasies die afvuur van vuurwerke binne die Ngwathe munisipale grense kan stopsit. Iets waaraan tot op hede nog nie aandag gegee is nie. Boonop voel inwoners dat daar strenger opgetree moet word teen handelaars van vuurwerke om die nodige permitte en regulasies na te kom.
Vanjaar was die klappergeraas selfs nog erger, sê die DBV wat agt troeteldiere in die dorp alleen moes huisves nadat hulle deur die klappers die skrik op die lyf gejaag is. Hiervan was 3 van die honde – ’n  rottweiler en twee foxterriërs verlede week steeds in die DBV-hokke. Daar is ook steeds troeteldiereienaars wat soek na hul diere. Die DBV self het van 28 Desember tot 2 Januarie onophoudelik patrollies gery om seker te maak verskrikte diere wat uit hul erwe gekom het weens die klappers, word versorg totdat hul eienaars opgespoor kan word. Selfs ’n  katjie moes uit ’n  boom gehelp word. ’n  Praatjie is dan ook op 26 Desember deur die DBV by die stadion in Tumahole gehou om mense in te lig oor die effek wat vuurwerke op troeteldiere het.
Die probleem met die klappers is dat die angs wat die diere ervaar maak dat honde wat andersins baie rustig is, skielik agressief kan word. Met net 1 inspekteur is dit ’n  bykans onbegonne taak vir die DBV in Parys om al 5 Ngwathe dorpe te bedien.  In Heilbron is groot probleme met die vuurwerke ervaar en by die Mimosa Tuine is ’n  hond dood as gevolg van die vuurwerke. Gazette het  ook berig van ’n  hond wat se tong afgeruk is en uitgesit moes word nadat hy gevlug het van klappers..
.

Related Articles

Back to top button