NewsNews

Herstelwerk by waterwerke gedoen

Goeie nuus vir inwoners van Parys is dat die probleem met min en vuil water aangespreek word.   Dit volg nadat foto’s van bruin badwater en gevlekte wasgoed al  sedert Desember deur inwoners op Facebook geplaas word. Weerligskade aan die dorp se nuwe watersuiweringsaanleg het veroorsaak dat daar ’n 4 megaliter per dag watertekort vir die …

Goeie nuus vir inwoners van Parys is dat die probleem met min en vuil water aangespreek word.   Dit volg nadat foto’s van bruin badwater en gevlekte wasgoed al  sedert Desember deur inwoners op Facebook geplaas word.
Weerligskade aan die dorp se nuwe watersuiweringsaanleg het veroorsaak dat daar ’n 4 megaliter per dag watertekort vir die dorp was.
Volgens die Ngwathe munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, het die toename in waterverbruik weens die hittegolf die afgelope week verder bygedra tot die groot watertekort.
Daarbenewens moet die dorp se nommer 3 opgaardam dringend skoongemaak word, omdat die afsaksel in die dam in die water beland telkens as die dam leër raak weens die toenemende verbruik.  Naale het bevestig daar meganiese probleme in Tumahole, Parys en Schonkenville ondervind is wat ook druk geplaas het op die netwerk.
Hy het bevestig dat die nuwe watersuiweringsaanleg  intussen herstel en nuwe sand ingesit is. Dit sal verseker dat die aanleg weer sy volle 10 megaliter water per dag sal kan suiwer. ’n  Ingenieur van Rand Water is ook volgens rdl. Saal de Jager van Dinsdag af in die dorp om oplossings te soek vir die dorp se waterpobleme en sal inwoners  vroegtydig gewaarsku word wanneer die netwerk gespoel gaan word. Mense moet intussen asseblief steeds water baie spaarsamig gebruik.

Related Articles

Back to top button