NewsNews

“SA skole het taalprobleem, eerder as onderwysprobleem”

  Volgens ‘n verslag oor die 2017-Matriekeindeksamen druip daar in Afrikaanse skole aansienlik minder leerders. Die verslag is saamgestel deur Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) en bevat insiggewende syfers oor die waarde van moedertaalonderrig in die eksamen. Die SOS is van mening dat Suid-Afrika ‘n taalprobleem het, eerder as ‘n onderwysprobleem. Die bewyse hiervoor …

 

Volgens ‘n verslag oor die 2017-Matriekeindeksamen druip daar in Afrikaanse skole aansienlik minder leerders. Die verslag is saamgestel deur Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) en bevat insiggewende syfers oor die waarde van moedertaalonderrig in die eksamen.

Die SOS is van mening dat Suid-Afrika ‘n taalprobleem het, eerder as ‘n onderwysprobleem. Die bewyse hiervoor is in die uiteenlopende prestasie van skole volgens taallyne. Een voorbeeld hiervan is die verskil in slaagsyfer in Afrikaanse skole teenoor die nasionale gemiddeld.

Afrikaanse skole, waar kinders in hul moedertaal onderrig ontvang, het aansienlik beter presteer as 80% van die skole waar meeste leerders in Engels, eerder as hul huistaal onderrig is. Hierdie skole het ‘n slaagsyfer van 86% teenoor die nasionale gemiddeld van 75.1%.

Die verslag brei ook verder uit oor die prestasie van leerders in Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid, asook Afrikaans Huistaal. Slegs omtrent ’n derde (35,1%) van matrieks wat Wiskunde geskryf het, kon bokant 40% vir die vak behaal.

Volgens Dr Danie Brink, besturende direkteur by Helpende Hand is dit skokkend dat 64.9% van alle kandidate wat Wiskunde neem, minder as 40% vir die vak behaal. “Slegs 1 uit elke 80 kandidate wat matriek skryf, slaag Wiskunde met ’n onderskeiding. Nog meer kommerwekkend is dat slegs 7.3% van die graad 1-klas (1 155 629 leerders) van 2006 (matriekklas van 2017) bo 40% in Wiskunde kon behaal,” sê Brink.

Daarenteen vaar Afrikaanse skole aansienlik beter deur 29.6% van alle Wiskunde-onderskeidings in te palm alhoewel hul net 10% van die skole uitmaak.

 

Related Articles

Back to top button