NewsNews

Ma gooi babaseun in puttoilet

‘n 21 Jarige vrou is Saterdag (6 Januarie) in Lehurutshe in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord. ‘n 21 Jarige vrou is Saterdag (6 Januarie) in Lehurutshe in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord. Die vrou word daarvan beskuldig dat sy pasgebore babaseun in ‘n puttoilet gegooi het. Volgens Lt. Kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, …

‘n 21 Jarige vrou is Saterdag (6 Januarie) in Lehurutshe in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord.

Die vrou word daarvan beskuldig dat sy pasgebore babaseun in ‘n puttoilet gegooi het. Volgens Lt. Kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die vrou op Donderdag (4 Januarie) geboorte gegee aan die kind waarna sy hom in die put gegooi het.

Die baba was deur die vrou se niggie gevind nadat sy bloed in die toilet gesien het.

“Sy het die baba hoor huil waarna sy dadelik paramedici en die polisie ontbied het. Die baba is uit gehaal waarna hy en sy ma beide hospitaal toe geneem is,” vertel Funani.

Die ma is sedert Donderdag onder polisiewag by die hospitaal maar is Saterdag ontslaan. Daar word verwag dat sy vandag (8 Januarie) in die Lehurutshelandroshof sal verskyn op aanklag van poging tot moord.

Die provinsiale kommissaris Lt. Gen. Baile Motswenyane het die voorval ten sterkste veroordeel. Sy het ook die polisie en nooddienste geloof vir die goeie werk wat hulle gedoen het om die baba lewend uit die toilet te haal.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button