NewsNews

Babadogtertjie se moordenaar steeds soek

Die moordenaar van die 9 maande oue Baba Kutloano is steeds soek. Haar liggaampie is op Dinsdag 19 Desember naby die slagpale in die nywerheidsgebied van Parys gekry. ’n Verbyganger het die liggaam van baba Kutloano in die bosse gesien en die polisie ontbied. Baba Kutloano is op 16 Desember by haar doofstom ma gesteel …

Die moordenaar van die 9 maande oue Baba Kutloano is steeds soek. Haar liggaampie is op Dinsdag 19 Desember naby die slagpale in die nywerheidsgebied van Parys gekry.
’n Verbyganger het die liggaam van baba Kutloano in die bosse gesien en die polisie ontbied.
Baba Kutloano is op 16 Desember by haar doofstom ma gesteel nadat n man gepoog het om haar ma in die Tokoloho gedeelte van Tumahole, te verkrag.
Die ma wat op pad huistoe was met baba Kutloano op haar rug, kon daarin slaag om te vlug maar baba Kutloano is tydens die struweling deur die man gegryp.
Die polisie se waarnemende provinsiale kommissaris majoor-generaal Tollie Afonso, het na die voorval gesê die gemeenskap moet saamstaan teen misbruik en die sinnelose moord van onskuldige kinders. Hy het gesê daar word onverpoosd gesoek na die moordenaar van Baba Kutloano. Hy het n beroep gedoen op mense om met inligting na vore te kom. Mense wat inligting het kan speur-kapt. Lois Ferreira skakel by 083 419 7361.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button