NewsNews

Ai tog die water!

Inwoners van Parys kla steeds met rede oor die  watertekort en die gehalte van munisipale water met foto’s van bruin badwater en gevlekte wasgoed wat gereeld op Facebook geplaas word. Volgens Saal de Jager is daar tans ’n  4 megaliter watertekort vir die dorp as gevolg van vroeëre weerligskade aan die dorp se nuwe watersuiweringsaanleg. …

Inwoners van Parys kla steeds met rede oor die  watertekort en die gehalte van munisipale water met foto’s van bruin badwater en gevlekte wasgoed wat gereeld op Facebook geplaas word.
Volgens Saal de Jager is daar tans ’n  4 megaliter watertekort vir die dorp as gevolg van vroeëre weerligskade aan die dorp se nuwe watersuiweringsaanleg.
Daarbenewens sê De Jager moet die opgaardamme eers gespoel word alvorens die watergehalte probleem sal verbeter. Daar word gewag vir goedkeuring hiervoor van die munisipale bestuur en sal die publiek in kennis gestel word sodra daar ’n  datum is vir die spoel van die opgaardamme.
Intussen sit die dorp se Dierebeskermingsvereniging sedert 12 Desember toe ’n  pyplek naby Najaarsrus herstel is, al sonder water.
Water word wel daagliks deur die munispaliteit vir die DBV afgelewer, maar die water is nie voldoende om die dreine daagliks behoorlik te spoel vir die was van die hokke nie.
Die probleem is volgens die DBV-personeel al herhaaldelik gerapporteer en vanoggend was die antwoord dat dit ’n  pyp is wat lek. Vroeër was die antwoord dat die verkeerde krane dalk toe is.

Dankie vir diegene wat die DBV intussen gehelp het met water.  Dit word opreg waardeer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button