NewsNews

Drie tweelinge in een gesin

Vaalweekblad het in 1974 berig oor die Deavall-gesin van Vanderbijlpark wat drie tweelinge bevat het   Retha Fitchat Dis nie elke gesin wat met drie tweelinge kan spog nie. Vaalweekblad van 19 April 1974 het vertel van een so ‘n gesin, die Deavalls van Vanderbijlpark. Mnr. en mev. T.S. Deavall se oudste seun, Arnold, is …

 

Retha Fitchat
Dis nie elke gesin wat met drie tweelinge kan spog nie. Vaalweekblad van 19 April 1974 het vertel van een so ‘n gesin, die Deavalls van Vanderbijlpark. Mnr. en mev. T.S. Deavall se oudste seun, Arnold, is in 1958 gebore, waarna drie tweelinge gevolg het: Alan en Trevor, Jo-Anne en Cathy, en Jackie en Yvonne. Die drie stelle tweelinge is gevolg deur Monica, wat in daardie stadium die baba van die gesin was.
Vaalweekblad het intussen weer met lede van die gesin in verbinding getree om te hoor wat later van die familie geword het.
Volgens een van die sussies, Jo-Anne (Deavall) Herholdt, is hul moeder, mev. Johanna Magdalena Deavall, in 1978 saam met haar broer in ‘n motorongeluk oorlede en hul pa, Trevor Stirling Deavall, het in 2013 aan kanker gesterf.
Die oudste broer, Arnold (59) bly nou in Meyerton, Trevor (57) woon op die plaas Springfontein in Cullinan. Sy tweelingbroer Errol bly steeds in Vereeniging. Jo-Anne Herholdt (53) bly in Danville Pretoria en haar tweelingsus Cathy Swartz in Secunda. Jackie Grobler (49) bly in Secunda en haar tweelingsus Yvonne Steynberg in Villieria, Pretoria.
Die jongste sussie, Monica Prinsloo (46) woon in Rietfontein, Pretoria.

Sewe van die oorlewende Daevall-gesinslede in 2014: Voor is Yvonne, Jackie, Jo-Anne, Cathy en Monica en agter: Trevor en Errol. Die oudste broer, Arnold, is ongelukkig nie op die foto nie.

  AUTHOR

Retha Fitchat
Editor

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button