News

Potchefstroomse veearts skuldig aan onprofessionele gedrag

Die Potchefstroomse veearts, dr. Sameer Abbas, het op Donderdag 14 Desember ʼn hooggeregshofsaak teen die Suid-Afrikaanse Veerartsenykunde Raad (SAVR) en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) verloor. Abbas is in 2015 deur die SAVR skuldig bevind aan onprofessionele gedrag, nadat hy geweier het om bewyse en verslae in te handig met betrekking tot die kriminele saak wat …

Van die varke op Modise se plaas wat in Julie 2014 gevind is. Foto: Dustin Wetdewich

Van die varke op Modise se plaas wat in Julie 2014 gevind is. Foto: Dustin Wetdewich

Die Potchefstroomse veearts, dr. Sameer Abbas, het op Donderdag 14 Desember ʼn hooggeregshofsaak teen die Suid-Afrikaanse Veerartsenykunde Raad (SAVR) en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) verloor.

Abbas is in 2015 deur die SAVR skuldig bevind aan onprofessionele gedrag, nadat hy geweier het om bewyse en verslae in te handig met betrekking tot die kriminele saak wat teen Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, ondersoek word. Hy is aan wangedrag skuldig bevind en sy lisensie om te praktiseer is vir ses maande opgeskort. Die vonnis is vir twee jaar opgeskort.

Abbas het teen die SAVR na die hooggeregshof geappelleer en die NDBV as een van die respondente bygevoeg, maar het die saak verlede week verloor. Die hooggeregshof het beslis dat Abbas alle partye se regskostes moet betaal.

Hierdie het gebeur nadat Abbas in Julie 2014 saam met die NDBV na Modise se plaas in Modderfontein, net buite Potchefstroom was, waar daar meer as 50 dooie varke gevind is. Die oorblywende 85 varke was besig om die vrot karkasse van ander varke te vreet.

Die NDBV, het in 2015 vir die Herald gesê dat Abbas foto’s op die plaas geneem het. Hy het ook weefselmonsters van die diere vir ontleding geneem en het ook ’n nadoodse ondersoek gedoen op die karkas van ʼn skaap wat op Modise se plaas gevrek het.

Die NDBV wou al die inligting gebruik as die basis van die verslag wat by die dossier bygevoeg sou word, maar Abbas het op 22 Julie ’n e-pos aangestuur waar hy homself onttrek van die saak en nie meer betrokke wou wees by die ondersoek nie. Die NDBV het bevestig dat dit die eerste keer in die organisasie se 59 jaar geskiedenis was dat ’n veearts versuim het om ’n verslag aan hulle in te dien.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button