NewsNews

Voertuigdiefstal, inbrake – wees gewaarsku

Die polisie in Parys doen weer ’n  baie ernstige beroep op die publiek om selfs nog meer bedag te wees op misdaad oor die Desember-vakansie. Inbrake regoor die dorp is steeds ’n bron van kommer. Maak seker dat wanneer jy gedurende Desember met vakansie is, daar iemand is wat na jou huis sal omsien. Huise …

Die polisie in Parys doen weer ’n  baie ernstige beroep op die publiek om selfs nog meer bedag te wees op misdaad oor die Desember-vakansie.
Inbrake regoor die dorp is steeds ’n bron van kommer. Maak seker dat wanneer jy gedurende Desember met vakansie is, daar iemand is wat na jou huis sal omsien.
Huise waar daar geen beweging is nie, is ’n maklike teiken. Moenie jou voertuie in die straat los nie. Parkeer dit verkieslik in jou erf agter geslote motorhuisdeure of minstens ’n  hek wat kan sluit. Maak saans jou gordyne toe en aktiveer jou alarm as jy nie tuis is nie – ook snags. Toets gereeld jou alarm. Moenie waardevolle elektroniese items sigbaar laat rondlê nie. Skootrekenaars, selfone, tablette, handsakke, beursies en sleutels lê dikwels oop en bloot in huise rond.
Rapporteer dadelik verdagte persone en bewegings by die polisie.
Die polisie se Berede-eenheid van Bloemfontein is gedurende Desember besig met verskerpte sigbare polisiëring in die dorp se sakekern, maar ook Tumahole.  Dit word gedoen om misdaad veral oor die Feestydperk die hok te slaan.
Misdaad is ’n werklikheid – wees waaksaam en bring jou kant deur basiese veiligheid by jou huis op te skerp

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button