NewsNews

Geloftefeesdiens by Koedoesfontein dié naweek gehou

n Geloftefeesdiens word Saterdag 16 Desember om 10:00 in die Koedoesfontein geloftefees-saal, sowat 12 kilometer buite Parys op regterkant langs die Potchefstroom-pad, gehou. Alle Parysenaars word genooi om die diens by te woon, wat gelei word deur past. J. Vlok van die Evangelies Gereformeerde Kerk, Parys. Tee en verversings sal na die diens  bedien word. …

n Geloftefeesdiens word Saterdag 16 Desember om 10:00 in die Koedoesfontein geloftefees-saal, sowat 12 kilometer buite Parys op regterkant langs die Potchefstroom-pad, gehou.
Alle Parysenaars word genooi om die diens by te woon, wat gelei word deur past. J. Vlok van die Evangelies Gereformeerde Kerk, Parys. Tee en verversings sal na die diens  bedien word. Die Koedoesfontein geloftefeesterrein en -saal is net voor die Buffelshoek-polisiestasie.
Só is daar beloof op 16 Desember 1838:
“Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen, dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag soos ’n sabbat sal deurbring, en dat ons ’n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van Sy naam sal verheerlik word, deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”

Related Articles

Back to top button