NewsNews

Só is die boodskap van geen geweld teen vroue en kinders oorgedra

Verskeie rolspelers het sedert 25 November kragte saamgesnoer om nie net die boodskap van 16 Dae Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders oor te dra nie, maar ook inligting oor te dra oor die voorkoming, simptome en behandeling van HIV/Vigs en tuberkulose. Die projek is gedryf deur die kantoor van die Ngwathe burgemeester, me. …

Verskeie rolspelers het sedert 25 November kragte saamgesnoer om nie net die boodskap van 16 Dae Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders oor te dra nie, maar ook inligting oor te dra oor die voorkoming, simptome en behandeling van HIV/Vigs en tuberkulose.
Die projek is gedryf deur die kantoor van die Ngwathe burgemeester, me. Joey Mochela, in samewerking met rolspelers soos Ngwathe raadslede, Epilepsie SA, Departement Korrektiewe Dienste, Departement Maatskaplike Ontwikkeling, motivering-spreker Lehlohonolo Fantisi, Departement Gesondheid, Departement Landbou, die SAPD en Tumahole Religious Forum.
Die projek is geloods tydens die Free State/Madeira Flower Festival op 25 November toe pamflette versprei is oor die projek. Verlede week is ’n dialoog gevoer by die Korrektiewe Sentrum in Parys en sou daar ook oor die naweek ’n sportdag in Tumahole gehou word om die boodskap oor te dra.
Die projek is op 10 Desember met ’n  gebedsdiens deur die Tumahole Religious Forum afgesluit.

Mayor Joey Mochela

Related Articles

Back to top button