NewsNews

Braaivleisvure brand met 40 uur aaneen se braai-rekord poging

Lus vir ’n vleisie op die kole en lekker saamkuier om die Desember-vakansie mee af te skop? Hier’s jou kans! ’n “Kom ons Braai Fees” word op 16 Desember deur Sizzle Brothers ten bate van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys gehou om broodnodige fondse vir dié sentrum in te samel. Wat dié braaifees besonders …

Lus vir ’n vleisie op die kole en lekker saamkuier om die Desember-vakansie mee af te skop?
Hier’s jou kans! ’n “Kom ons Braai Fees” word op 16 Desember deur Sizzle Brothers ten bate van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys gehou om broodnodige fondse vir dié sentrum in te samel.
Wat dié braaifees besonders maak, is dat die fees ook André van Zijl wat reeds verskeie wêreldrekordpogings op sy kerfstok het, se poging sal ondersteun om vir 40 uur aaneen te braai. Parysenaars was ook deel van André se 54ste wêreldrekordpoging toe hy onlangs 3 000 vetkoeke binne 24 uur gebak het ten bate van die DBV, Epilepsie SA en Overcomers Wealth
Die Braaifees word by Sizzle Brothers in Waterstraat, Parys gehou. Inskrywingsgeld vir ’n span van vier is R250. Braaispanne moet uit vier lede bestaan.
Die wenner stap met die titel as Braaikoning Parys 2017 weg.
Daar is fantastiese pryse op die spel en daar word beoog om soveel moontlik aktiwiteite vir die kinders aan te bied, sodat ma en pa ontspanne vir die dag  kan saamkuier met musiek en vermaak vir die hele gesin.
Vir die publiek is daar ’n kontantkroeg waar gekuier kan word. Braaipakke sal beskikbaar wees teen R50 per persoon, insluitend toegangsgeld.
Toegangsgeld is R20 per persoon vir toeskouers en R10 vir kinders.
Kom braai saam. Belangstellendes kan Henk Blom by 083 967 7405 of Anjama Goldie by 084 037 1085  skakel vir meer inligting..

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button