NewsNews

Sally Martin se bejaardes blaas ook fluitjie teen misdaad

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) het op Woensdag 29 November fluitjies uitgedeel aan die bejaardes by Sally Martin Park. Die fluitjies kan in geval van nood gebruik word om die aandag te trek, nie net waar dit kom by misdaad nie, maar ook wanneer die bejaardes hulp sou benodig. Ao. Jan le Roux van …

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) het op Woensdag 29 November fluitjies uitgedeel aan die bejaardes by Sally Martin Park. Die fluitjies kan in geval van nood gebruik word om die aandag te trek, nie net waar dit kom by misdaad nie, maar ook wanneer die bejaardes hulp sou benodig.
Ao. Jan le Roux van die Parys-polisiestasie het met die inwoners gesels oor die belangrikheid van voorsorgmaatreëls vir veiligheid.
Daar is klem gelê op die hoë voorkoms van kaartdiefstal en die gevare wat sosiale media vir bejaardes kan inhou.
A.o. Le Roux was ook vergesel deur Annemarie du Toit, voorsitter van die Parys GPF. Inligtingstukke met veiligheidswenke spesifiek vir die bejaarde, is uitgedeel.
Daarna is daar saam tee en koffie gedrink en het die bejaardes selfs ’n afskrif van hul neutetert-resep met die besoekers gedeel,  wie baie vriendelik by Sally Martin ontvang is.
Die bejaardes het aktief deelgeneem aan die besprekings en selfs ’n grappie of twee is gedeel.

Related Articles

Back to top button