NewsNews

Hengelaars kuier saam om die jaar af te sluit

Hengelaars van die Mimosa-hengelklub het op 2 Desember ’n  baie suksesvolle hengeljaar afgesluit met hul jaareindfunksie by Deo Volente. Koos Harmse is by die geleentheid aangewys as die wenner van die Veterane, met Kobus Kriek tweede. Barry Dreyer het die Meesters-afdeling gewen met Koos Marais kort op sy hakke. Jacques Wessels was die eerste van …

Hengelaars van die Mimosa-hengelklub het op 2 Desember ’n  baie suksesvolle hengeljaar afgesluit met hul jaareindfunksie by Deo Volente.
Koos Harmse is by die geleentheid aangewys as die wenner van die Veterane, met Kobus Kriek tweede. Barry Dreyer het die Meesters-afdeling gewen met Koos Marais kort op sy hakke. Jacques Wessels was die eerste van die Senior Mans, met Roland Schoonraad in die tweede plek.
Die dames het ook nie op hulle laat wag nie. Veronica Spaarwater was die wenner van die Dames-afdeling, met Janine Wessels tweede.
Mimosa-hengelklub sê dankie aan Parys Gazette en alle ander persone wat deur die jaar ’n  bydrae tot die klub gelewer het, hetsy deur donasies of hulpverlening. Spesiale dank aan Deo Volente vir die gebruik van hul fasiliteite, almal wat teenwoordig was, en gehelp het met die voorbereiding van die saal en voorsiening van die bykosse vir die jaareindfunksie.
Die klub se algemene jaarvergadering sal gehou word op 18 Januarie om 18:00 by Deo Volente. Alle belangstelledes is welkom om die vergadering by te woon. Besprekingspunte moet voor of op 31 Desember aan die klubsekretaresse voorgelê word vir bespreking.
Die eerste kompetisie van die jaar sal plaasvind op 13 Januarie. Die hengelterrein sal aangekondig word.
Hengelaars kom by die hek bymekaar om 06:00 vir 06:30.
Hengelaars wat die algemene jaarvergadering op 18 Januarie wil bywoon of wil deel word van die klub is meer as welkom. Vir navrae skakel Veronica Spaarwater by 072 631 1133 of Kobus Kriek by 082 878 2579.

Related Articles

Back to top button