NewsNews

Boeke praat oor NWU se eerste tien jaar

Forging Unity is ’n uitrukking van die historiese nou, die huidige tyd, deur ’n joernalis wat nie altyd van ’n afstand waargeneem het nie, maar wat met tye in die midde van die aksie was. Dit is hoe Cornia Pretorius, dosent aan die NWU se Potchefstroomkampus en gewese joernalis by die Sunday Times, Mail &… …

Proff. Piet Prinsloo en Dan Kgwadi en Cornia Pretorius by die boekbekendstelling. Foto: Marianke Saayman

Proff. Piet Prinsloo en Dan Kgwadi en Cornia Pretorius by die boekbekendstelling. Foto: Marianke Saayman

Forging Unity is ’n uitrukking van die historiese nou, die huidige tyd, deur ’n joernalis wat nie altyd van ’n afstand waargeneem het nie, maar wat met tye in die midde van die aksie was. Dit is hoe Cornia Pretorius, dosent aan die NWU se Potchefstroomkampus en gewese joernalis by die Sunday Times, Mail & Guardian en Beeld, haar nuwe boek beskryf.

Forging Unity is een van twee boeke wat op Maandag 4 Desember bekend gestel is, wat handel oor die totstandkoming van die Noordwes-Universiteit in 2004. Dit dek ook die eerste dekade van die nuwe universiteit met fassinerende inligting van dit wat agter die skerms gebeur het.

Die tweede boek, North-West University (NWU): A merger and incorporation story, 2004-2014 is deur prof. Piet Prinsloo (voormalige rektor van die Vaaldriehoekkampus van die NWU en professor in geskiedenis) geskryf en is slegs in elektroniese weergawe uitgegee. Pretorius se boek, Forging Unity: The story of the North-West University’s first ten years is in beide elektroniese sowel as gedrukte weergawes beskikbaar.

Die boeke het as opdrag van die universiteit se kantoor van die visekanselier en dit is daarom van pas dat die bekendstelling van die boeke by die huidige visekanselier, prof. Dan Kgwadi, se woning plaasgevind het.
Pretorius en Prinsloo het vrye teuels gehad om navorsing te doen en onafhanklikheid geniet in die skryf van hul boeke. Terwyl Prinsloo se boek meer formele, dokument-gegronde geskiedenis bevat, bied Pretorius se boek weer ’n meer populêre of joernalistieke geskiedenis waar daar meer op die rolspelers wat by die universiteit betrokke was in die tyd van die samesmelting, gefokus is. Pretorius sê dat haar boek begin is in die beste van tye, en voltooi is in die slegste. “Dit was ’n periode gekenmerk deur ’n kontroversiële saluut en die nagevolge daarvan, dekolonisering en die fees must fall-beweging.

Cornia Pretorius en Prof. Piet Prinsloo teken prof. Dan Kgwadi se boek. Foto: Marianke Saayman

Cornia Pretorius en prof. Piet Prinsloo teken prof. Dan Kgwadi se boek. Foto: Marianke Saayman

Ten spyte van sy tekortkominge glo ek dat daar genoeg leesstof in die boek is om die deurlopende pogings te ondersteun om ’n gedeelde NWU geskiedenis te bou, en om die argitekte van die institusie te herinner aan wat hulle bereik het,” sê sy.

’n Gewese uitvoerende hoof van die Raad op Hoër Onderwys, Ahmed Essop, beskryf Pretorius se boek as “baanbrekerswerk” terwyl die joernalis Jan-Jan Joubert van die Sunday Times dit beskryf as “’n tuimeltreinrit van sondaars wat geprobeer het, gefaal het, hulself weer opgetel het en weer geprobeer het, soos goeie Suid-Afrikaners doen”. Beide Prinsloo en Pretorius se boeke dek dieselfde periode, maar met verskillende invalshoeke en kan in tandem met mekaar gelees word.

Prinsloo se boek kan gratis gelees word by https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/26017 terwyl Pretorius se boek beskikbaar is by https://hdl.handle.net/10394/26089. Laasgenoemde is ook in gedrukte weergawe beskikbaar by die Kantoor van die Visekanselier, NWU, Privaatsak X1290, Potchefstroom, 2520.
Die koste is R250 (BTW en posgeld ingesluit).

Related Articles

Back to top button