NewsNews

Ngwathe water sal bly vloei

“Ngwathe inwoners kan weer asem skep – hul watertoevoer sal nie gestaak word nie” sê VF Plus rdl. Phillip van der Merwe. Volgens hom is hierdie versekering gegee deur Ngwathe se Direkteur Tegniese Dienste, mnr Thobela. Dit nieteenstaande die Minister van Waterwese se onlangse aankondiging dat ’n aantal munisipaliteite, onder wie Ngwathe, se watertoevoer gestaak …

“Ngwathe inwoners kan weer asem skep – hul watertoevoer sal nie gestaak word nie” sê VF Plus rdl. Phillip van der Merwe.
Volgens hom is hierdie versekering gegee deur Ngwathe se Direkteur Tegniese Dienste, mnr Thobela. Dit nieteenstaande die Minister van Waterwese se onlangse aankondiging dat ’n aantal munisipaliteite, onder wie Ngwathe, se watertoevoer gestaak sal word as hulle agterstallige skuld nie teen 8 Desember 2017 vereffen is nie.
Volgens Waterwese skuld Ngwathe tans R85,5m, maar die bedrag word deur Ngwathe betwis aldus mnr Thobela, en is onderhandelinge tussen die partye oor vasstelling van die bedrag wat werklik verskuldig is en betaling daarvan tans in proses.
Hy beweer dat die bedrag wat Waterwese eis gebaseer is op onakkurate skattings en dat geen betroubare meters tans in plek is om die werklike verbruik te monitor nie.
Die dorpe in Ngwathe wat water van Waterwese verkry is Parys en Vredefort uit die Vaalrivier, en Koppies uit Koppiesdam.
Heilbron en Edenville verkry nie water vanaf Waterwese nie en sou nie deur enige staking van toevoer deur die Departement geraak word nie.
Alhoewel Ngwathe Randwater, waar Heilbron sy water verkry, tans R 5,2m skuld, is daar volgens munisipale amptenare tans nie enige dreigemente van Randwater om Heilbron se toevoer te sny of te beperk nie.
Rdl Van der Merwe sê hy monitor vordering met die bereiking van ’n  ooreenkoms met Waterwese en sal inwoners deur Gazette op hoogte hou met vordering. Vir die oomblik lyk dit egter of die krane sal bly loop.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button