NewsNews

Twee nuwe boeke vertel meer oor paddas

Op Maandag 27 November het die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur twee unieke en langverwagte boeke oor paddas by die NWU se Botaniese tuin bekendgestel. Fortunate Phaka en sy studieleier, prof. Louis du Preez, met die nuwe boek, Frogs of Zululand. Foto: Marianke Saayman Op Maandag 27 November het die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur …

Fortunate Phaka en sy studieleier, prof. Louis du Preez, met die nuwe boek, Frogs of Zululand. Foto: Marianke Saayman

Fortunate Phaka en sy studieleier, prof. Louis du Preez, met die nuwe boek, Frogs of Zululand. Foto: Marianke Saayman

Op Maandag 27 November het die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur twee unieke en langverwagte boeke oor paddas by die NWU se Botaniese tuin bekendgestel.

Isiqondiso Sasefilidini SeZilimi Ezimbili Ngamaxoxo AkwelaKwaZulu (A Bilingual Field Guide to the Frogs of Zululand) is ’n veldgids oor die paddas van KwaZulu-Natal. Dit is ook die eerste boek van sy soort aangesien dit in Engels sowel as Zoeloe gepubliseer is.

Hierdie boek is deel van ’n projek deur ’n meestersgraadstudent aan die Potchefstroomkampus, Fortunate Phaka.
Sy hooffokus handel oor hoe om natuurbewaring en biodiversiteit aan die gemeenskappe wat dit beïnvloed, te kommunikeer.

“Op hierdie stadium doen ons bewaring, maar ons kommunikeer nie genoeg met die gemeenskappe daaroor nie. Vir mense om te weet dat hulle bevoordeel word uit bewaring, moet hulle weet dat biodiversiteit goed is vir hulle, sê hy.
Hy fokus op paddas aangesien hy ’n diep belangstelling vir dié spesie het. “Mense kyk na paddas en dink hulle is nutteloos.

“Ons sien hulle byna nooit nie, en wanneer ons doen, sien ons ’n afskuwelike gedierte wat ons wil doodmaak. As ons net ’n oomblik neem om oor hulle te lees, sal ons besef dat paddas ’n belangrike plek in die ekosisteem het.”

Die boek wil uitreik na mense in die gemeenskap van Zululand (KwaZulu-Natal) om hulle op te voed oor paddas. Phaka en die span wat saam met hom gewerk het, het na die gemeenskap gegaan en gevra wat hulle oor paddas wil weet en wat die eerste ding is wat hulle opmerk wanneer hulle ’n padda sien. Dit is toe gebruik om die boek uiteen te sit.

Phaka het besluit om die boek in Engels en Zoeloe te publiseer. “As jy ’n boodskap op die beste manier vir iemand wil oordra, moet jy dit in sy eie taal doen, daarom het ons die boek in Zoeloe ook geskryf,” sê hy.
Hy poog om volgende jaar hierdie projek verder te neem vir sy PhD-studies en ’n boek oor al die paddas van Suid-Afrika te publiseer.

Die tweede boek wat bekendgestel is, is die tweede uitgawe van Frogs of Southern Africa – a complete guide deur prof. Louis du Preez en Vincent Carruthers. Hierdie boek bied meer inligting oor paddas as die vorige uitgawe en bevat twee nuwe spesies wat onlangs ontdek is. Van die paddas in die nuwe boek se name het ook verander.
Die boek gaan ook gepaard met ’n toep wat paddaliefhebbers in staat stel om met hul slimfone ’n QR kode te skandeer en so meer inligting oor elke padda, sowel as die padda se roep, te verkry.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button