NewsNews

Wees versigtig vir ‘iets’ in Vaaldam se water

DENEYSVILLE. – Inwoners van die Vaaldriehoek het vroeg in November met ‘n skok gehoor dat groot volumes rou riool opsigtelik in die Vaalrivier tussen Vanderbijlpark en Sasolburg dryf. Die dik kors “iets” wat na rou riool ruik, lê steeds rustig en bak in die son naby die gemeenskaplike hawetjie in Deneysville. Dié foto is Saterdag …

Die dik kors “iets” wat na rou riool ruik, lê steeds rustig en bak in die son naby die gemeenskaplike hawetjie in Deneysville. Dié foto is Saterdag 18 November deur ‘n inwoner, Peet Schabort geneem. Inwoners, wat nie meer die reuk kan verduur nie, wil weet waarom RandWater of die Metsimaholo-munisipaliteit nie die stinkende massa verwyder nie.

Inwoners van die Vaaldriehoek en die res van Gauteng was egter nie te bekommerd nie, aangesien RandWater die publiek verseker het dat die Vaaldam se water, vanwaar drinkwater vir menslike gebruik gesuiwer word, vry is van riool.
Daardie gemoedsrus is egter nou tot niet, nadat inwoners van Deneysville die afgelope naweek gerapporteer het dat daar ‘n dik kors stinkende rou riool teenaan die oewer in die Vaaldam lê.
Inwoners van die woongebied direk langs die gemeenskaplike hawetjie, het reeds op 13 November berig dat die omgewing so stink dat hulle dit glad nie buite hul huise kon waag nie.
Besorgde inwoners het dit dadelik by die munisipale kantore in Deneysville aangemeld, waarna twee amptenare die gebied besoek het.
Die inwoners is verseker dat die probleem onder die “betrokke owerhede” se aandag gebring sou word.
Inwoners het intussen ook watermonsters rondom die stinkende kors geneem en dit op 15 November aan die plaaslike munisipale wateraangeleenthede-kantoor in Deneysville vir toetse oorhandig. Tot dusver is die uitslag nog nie bekendgemaak nie. “Ons kan nog nie met sekerheid sê dat daar rou riool in die water is nie. Ons het wel op die internet navorsing gedoen en te oordeel aan die foto’s, kom dit voor asof dit groen alge (Cyanobacteria) is,” sê ‘n besorgde inwoner. Dié soort alg floreer veral op menslike en dierlike ontlasting, wat die vermoede bevestig dat daar ‘n groot volume rou riool op die spesifieke plek in die Vaaldam is.
Vaalweekblad het die afgelope naweek, nadat nuus oor die besoedeling op sosiale media gedeel is, verskeie oproepe van besorgde grondeienaars van Johannesburg en elders ontvang, wat versoek het dat die publiek nie onnodig op hol gejaag moet word nie.
“Dit is nog nie seker of daar wel rou riool in die Vaaldam is nie. Totdat ons vir seker weet wat dit is, moet Vaalweekblad liewer net sê daar is ‘iets’ in die water, anders word toeriste afgeskrik om die gebied te besoek.
“Dit gaan ook ‘n negatiewe invloed op eiendomspryse hê as voornemende kopers dink dat dit rou riool is,” het ‘n Johannesburger, wat ‘n erf langs die Vaaldam het, versoek.
Vaalweekblad het intussen kommentaar oor die gehalte van die Vaaldam se drinkwater by RandWater en die betrokke staatsdepartement aangevra, maar het tot dusver nie ‘n antwoord ontvang nie.
Dit sal waarskynlik raadsaam wees om alle drinkwater te kook totdat bevestiging gekry is dat water in die Vaaldriehoek se waterpype veilig is vir menslike gebruik

  AUTHOR

Retha Fitchat
Editor

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button