NewsNews

Ngwathe ook onder 30 wie se water gesny kan word

Die Ngwathe munisipaliteit is ook onder die 30 munisitaliteite  wat geld skuld vir water wat reeds voorsien en gebruik is, en wie sewater nou afgesny word as hul skuld nie teen 8 Desember betaal is nie. Ngwathe skuld nou reeds R85 522 099.   Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit skuld Rand water ‘n allermintige R431.7 miljoen. …

 

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit skuld Rand water ‘n allermintige R431.7 miljoen.

Volgens Minister Nomvula Mokonyane het die Waterwet die departement toegelaat om die vloei van water te beperk of af te sny as munisipaliteite versuim om die skuld te betaal. Sy sê dié 30 munisipaliteite het tot 8 Desember om die uitstaande skuld te betaal. Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit moet egter ‘n bedrag van sowat R270 miljoen betaal voor 8 Desember.

Volgens Mokonyane is die doel hiervan nie om die eindgebruiker te straf nie, maar om strenger maatreëls toe te pas op munisipaliteite wat versuim om hul skuld te betaal.

Inwoners van Emfuleni voel alreeds die tekort aan water na Rand Water op 12 November die watertoevoer na die gebied na ‘n 60% beperking verhoog het waar dit aanvanklik eers 40% was.

Hierdie 60% waterbeperking het gelei tot ‘n aantal wydverspreide watertekorte, met die hoogliggende gebiede wat erger geraak word. Onder die betrokke gebiede was ‘n skole, klinieke en die Sebokeng-hospitaal.

Die Departement Water en Sanitasie, saam met Rand Water het egter ‘n evaluering gedoen en help openbare instansies wat dringend water nodig het.

Op 18 November is Sebokeng-hospitaal voorsien van watertenks deur Rand Water en vier klinieke is ook voorsien van water om te verseker dat kritiese gesondheidsdienste en funksies nie negatief geraak word nie. Die Jojo tenks, insluitende 4 x 5 000 liter, 2 x 10 000 liter en nog 2 x 10 000 liter is op 20 November 2017 afgelewer.

Minister Nomvula Mokonyane het gister bekend gemaak dat die munisipaliteite die departement R10,7 biljoen skuld vir water wat aan hulle voorsien is waarvan R3,9 biljoen aan die Waterhandelsentiteite verskuldig is en R6,8 biljoen aan verskeie waterrade.

Die ander munisipaliteite wat onder dié 30 val:

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button