NewsNews

Predikant skryf oor gemors met blommeskouspel

Wat ‘n fantastiese blommefees!! Ek glo so… want ek het nét vir twee ure gewag dat die dinge moet gebeur volgens wat geadverteer was. Maar toe dit nie gebeur nie, het ek huistoe gegaan, want ek het nog voorbereiding gehad om te doen vir Sondag se groot diens wat moes  plaasvind in die pragtige kerkgebou …

Wat ‘n fantastiese blommefees!! Ek glo so… want ek het nét vir twee ure gewag dat die dinge moet gebeur volgens wat geadverteer was. Maar toe dit nie gebeur nie, het ek huistoe gegaan, want ek het nog voorbereiding gehad om te doen vir Sondag se groot diens wat moes  plaasvind in die pragtige kerkgebou van die PPK Emmanuel gemeente in Parys. Nogal lekker sentraal geleë ook.
Ek moes ’n kindjie inseën, vier persone doop, en dan het ek nog ’n huwelik ook gehad om te bevestig op die einde.
Hierdie dopelinge is persone vanaf Johannesburg en hulle bring hul vriende saam vir die geleentheid.
Sondag het aangebreeek en ek kom vroeg by die kerk aan om die laaste voorbereidings te tref vir hierdie baie belangrike gebeurtenis in mense se lewens.
Wat ’n  ontnugtering!
Om die groot gemors op my kerk se voordeur, en op die sypaadjies en in die strate rondom my kerk te aanskou, is genoeg om enige predikant kort duskant die warmplek te laat omdraai.
Die volk was daar!! Die volk het oorwin!! Die volk het partytjie gehou!! En die volk het die gemors van hul drankbottels en hul kospakkies net so gelaat soos hulle dit daar gegooi het.
Die volk van Parys, die volk van Suid Afrika, wie seker trots is daarop om al hul vullis rondom die Huis van die Here, waar mense God se aangesig  kom soek, te strooi en dan net te verdwyn.
Af te lei aan die naam van die fees – Madeira – moet ek aanneem dat daar internasionale persone ook teenwoordig moes wees.
Aan die aantal blou ligte oor die laaste paar dae, moet ek aflei dat daar dalk van ons ge-eerde parlementslede dalk ook teenwoordig was. Moet ek aflei dat ons eie burgemeesteres dalk ook daar was en dat al hierdie belangrike Suid-Afrikaners baie tevrede is met die volk se gedrag. Want nie een van hulle het ooit ‘n gedagte gegee daaraan dat daar dalk maar miskien ‘n spannetjie aangestel moet word om agterna op te ruim nie.
Nee ons is baie trots op wat ons aanvang en dan kyk hoedat die predikant my gemors met sy hande moet optel en in swartsakke gooi voordat hy kan begin met voorbereidings vir sy baie belangrike taak – om die Woord van God aan die mense voor te hou – en met die verwagting dat hy nog moet glimlag ook.
En terwyl hy besig is in die kerk, sal ons nog ons mieliepap stukke op sy motor se kattebak uitgooi.
SIES Parys!! Ek skaam my dat ek met so ‘n spul mense geassosieer word.
Maar ongelukkig woon ek nou hier en moet ek maar my mond hou.
Ons dorp is seker hoog in ons skik oor die indruk wat ons op ons buitelandse besoekers gemaak het.
Baie onnosel om te dink hulle sien nie die gemors raak wat ons nalaat nie.
Ons opvoeding skiet tekort.  Ek skaam my vir wat die besoekers in my kerk moet dink van ons dorp.
Ek skaam my oor twee mense wie die mooie verwagtinge gehad het oor die baie besonderse dag in hul lewens – hul troudag – en dat hulle dit moes vier op ’n  vullishoop.
Ek hoop iemand met so ietsie van selfrespek lees hierdie brief en doen iets daaromtrent want dit is walglik.
Ek sluit fotos in van hoe dit rondom die kerk gelyk het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button