NewsNews
Hael soos sneeutapyt oor grasperke
’n Erge reën-en-haelstorm het Parys Maandagmiddag net voor 14:00 getref en is daar teen 14:30 die middag reeds 34mm reën in die dorp gemeet met nog reën wat daarna nog konstant geval het. Massas water het in die strate afgeloop, en in geboueingestroom, terwyl daar selfs afdakke was wat onder die hael- en watermassa meegegee …
’n Erge reën-en-haelstorm het Parys Maandagmiddag net voor 14:00 getref en is daar teen 14:30 die middag reeds 34mm reën in die dorp gemeet met nog reën wat daarna nog konstant geval het. Massas water het in die strate afgeloop, en in geboueingestroom, terwyl daar selfs afdakke was wat onder die hael- en watermassa meegegee het. Dié foto van die verwoestende hael wat soos ’n sneeukombers oor grasperke gaan lê het, is in Floydstraat geneem. Foto’s: Sonet Duvenage.