News

Verhoor van 6 eers weer in 2018 hervat

Die saak teen die 6 mans van Parys wat tereg staan op 2 klagte van moord na die dood van Simon Jubeda en Samuel Tjixa op 6 Januarie 2016, sal nou eers weer in 2018 in die Hooggeregshof in Parys hervat word. Regter Corne van Zyl het vanoggend gese dat alles moontlik gedoen word om …

Die saak teen die 6 mans van Parys wat tereg staan op 2 klagte van moord na die dood van Simon Jubeda en Samuel Tjixa op 6 Januarie 2016, sal nou eers weer in 2018 in die Hooggeregshof in Parys hervat word.

Regter Corne van Zyl het vanoggend gese dat alles moontlik gedoen word om die saak so spoedig moontlik af te handel. Die saak is nou op die hofrol geplaas van 2 tot 18 Mei 2018, en ook van 4-8 Junie 2018 wat die eerste beskikbare datums is wat al die betrokke regspanne beskikbaar is.

In sy saak teen Boeta van der Westhuizen, Loedie van der Westhuizen jr,  Miela Janse van Vuuren, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, en kapt Henk Prinsloo, voer die staat aan dat hulle glo die oorledenes sodanig sou aangerand het  op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hulle kort na die voorval aan hul beserings in die Parys en Pelenomi hosptiale onderskeidelik beswyk het.
Die oorledenes is daarvan verdink dat hulle betrokke was by ’n  plaasaanval vroeër die betrokke dag by Boeta se pa, Loedie van der Westhuizen Sr.

Kruisondervraging van verpleegsuster Margaret Mafubedu is vandag (Vrydag 24 November) deur die verdediging se adv. Nico Dreyer afgesluit, nadat kritieke tydskwessies rondom die tydsraamwerk waarbinne Jubeda en Tjixa na die Parys-hospitaal gebring en behandel is, die afgelope twee dae deur die verdediging onder die vergrootglas geplaas is. Van die  talle vrae wat die verdediging gehad het uit die getuienisse wat gelewer is en die hospitaalrekords, het onder meer ingesluit waarom dit die dokter aan diens twee ure geneem het om by Tjixa te kom nadat hy na die saal ontbied is omdat daar kommer was oor Tjixa se toestand. Ook waarom daar nie rekord is dat hy gemonitor was van 01:30 tot 04:00 die oggend vandat hy in die saal opgeneem is totdat die dokter die eerste keer geskakel is om te vra dat hy na die saal moet kom.

Vandag wou Dreyer ook by Mafubedu weet waarom haar handskrif op die verslae verskil wat sy daaraan toegeskryf het dat dit soms baie besig gaan en daar dan baie vinnig geskryf moet word veral by pasiente wie se toestand so ernstig is soos wat Jubeda se toestand was. Sy het Tjixa se toestand weer as stabiel beskryf toe hy by die Parys-hospitaal se ongevalle eenheid gekom het. Ten spyte daarvan is Tjixa minder as 5 ure nadat hy in die saal opgeneem is vir 24 uur observasie, oorlede.

Related Articles

Back to top button