NewsNews

Parys maak gereed vir blommeskouspel

Dit is die ene bedrywigheid en blou ligte vandag in Parys se strate gewees waar reggemaak word vir die naweek se blommeskouspel met die tweede Free State Madeira Flower Festival wat op 24 en 25 November in die dorp gehou word. Op die Palesa Flower Fescinct op die h/v Breë en St Janstraat (wat ook …

Dit is die ene bedrywigheid en blou ligte vandag in Parys se strate gewees waar reggemaak word vir die naweek se blommeskouspel met die tweede Free State Madeira Flower Festival wat op 24 en 25 November in die dorp gehou word. Op die Palesa Flower Fescinct op die h/v Breë en St Janstraat (wat ook die hoof feesterrein) is, was dit reeds van vroeg middag ‘n gewoel ten spyte van swaar reën waar finaliste van die eerste Little Miss Free State Flower gewag het op die koms van die Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, en die Madeira president Miguel Albuquerque wat die kroningsgeleentheid sou bywoon. Uitstallers was ook besig om hul ware uit te pak in die kleurvolle skeepsvraghouers (containers) waar kosgeure  teen 15:00 swaar in die lug gehang het.

Die vlotoptog met ‘n blommeskouspel van derduisende blomme en dansers waarmee die 5 toerismeroetes in die Vrystaat uitgebeeld word, sal nou eers later moremiddag, Saterdag 25 November, gesien kan word met die program wat intussen aangepas is. Die vlotoptog kan om 15:45 in Parys se hoofstraat gesien word vanaf die kruising van Venus- en Waterstraat, vanwaar daar in Breëstraat beweeg sal word tot by die feesterrein. Die vlotte sal geparkeer word op die oop terrein by die ou Kommandokantore in Breëstraat.

Mense is weer gevra om asseblief nie die blomme van die vlotte te verwyder nie. Die blomme gaan volgens die organiseerders vanjaar aan toegewysde welsynsorganisasies waaronder Sevengardens en Epilepsie SA in Parys, terwyl daar ook blomme aan mense in hospitale in Bloemfontein uitgedeel sal word, is gesê.

Related Articles

Back to top button