NewsNews

‘n Gesiggie om dop te hou

Michaela Amoré Chatwind. Dit is ‘n naam wat jy nog baie gaan hoor. Michaela Amoré Chatwind. Dit is ‘n naam wat jy nog baie gaan hoor. Michaela (7), het al baie vroeg in haar kort lewe besluit sy het ’n passie vir modelwerk. Haar ouers, Jeanette en Gary Chatwind, het besluit sodra sy ouer is …

Michaela Amoré Chatwind. Dit is ‘n naam wat jy nog baie gaan hoor.
Michaela (7), het al baie vroeg in haar kort lewe besluit sy het ’n passie vir modelwerk. Haar ouers, Jeanette en Gary Chatwind, het besluit sodra sy ouer is en in die “grootskool” is, sy modelwerk kan doen. 
Tot haar ouers se verbasing het die pragtige gesiggie binne nege maande groot sukses in die modelwêreld behaal. Nie net het sy al verskeie plekke verower nie, maar is selfs deur internasionale name soos W1C-London en Just you Models International genader om ’n parfuumreeks vir W1C-London en dan ook ’n kontrak met Just you models vir akteur-, model- en advertensiewerk te doen. Michaela het ook onlangs haar heel eerste modeleksamen geskryf en met goud weggestap. Sy was ook die debutantewenner 2017, Best Groomed en het spesiale toekennings soos Glamour potential en Star student of the Year ingepalm.
Sy het ook onlangs die geleentheid gekry om aan Miss World 2017 deel te neem wat hierdie jaar in Griekeland aangebied is.
Maar dit is nie al waar haar liefde en tyd stop nie. Sy gee ook waar sy kan terug aan die gemeenskap, deur liefdadigheidsprojekte soos om aan minderbevoorregte kinders in haar eie skool kospakkies te gee, asook om die Meals on Wheels-projek vir bejaardes te ondersteun en boonop alles ook kos en fondse aan die diere in nood te skenk. Hierdie mooi gesiggie het ’n hart van goud. Met die vraag oor wat haar die gelukkigste maak, antwoord sy: “As die mense om my gelukkig is, is ek gelukkig.”
.

Related Articles

Back to top button