NewsNews

Mooirivier Kersmark is hier

Die Mooirivier Kersmark is hier en inwoners kan uitsien na hierdie heerlike inkopie-ervaring onder een dak. Dié mark het op Vrydagoggend 24 November om 09:00 begin en duur tot 2 Desember. Dit word by die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos in Paryslaan gehou. Die voorsitter van die Kersmark-komitee, me. Rieëtte Venter, sê die Kersmark loop hierdie pad vir… …

Die Mooirivier Kersmark is hier en inwoners kan uitsien na hierdie heerlike inkopie-ervaring onder een dak.
Dié mark het op Vrydagoggend 24 November om 09:00 begin en duur tot 2 Desember. Dit word by die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos in Paryslaan gehou.
Die voorsitter van die Kersmark-komitee, me. Rieëtte Venter, sê die Kersmark loop hierdie pad vir die negende jaar saam met Hom deur Sy krag, genade en seën oor die jare.
“Die Kersmark is verseker een van die jaar se hoogtepunte waarna almal uitsien. Dit is só ‘n spesiale geleentheid vir die gemeente om saam te werk aan ‘n gemeenskaplike doel om fondse in te samel vir ons bediening na buite.”
Die Mooirivier Kersmark in Paryslaan het deel geword van elke Potchefstromer se “mag-nie-misloop-nie” lysie. Die mark is soggens oop vanaf 09:00 tot saans om 20:00. Die mark is gesluit op Sondag, 26 November en op die laaste dag, 2 Desember, sluit die mark reeds om 16:00.
Die Mooirivier Kersmark beloof ‘n inkopieparadys met talle nuwe uitstallers en ‘n geleentheid waar mense vir elke familielid ‘n bekostigbare en unieke geskenk kan uitsoek.
‘n Verskeidenheid kunstenaars sal inkopiegangers vanjaar met musiek en sang vermaak wat op weeksaande en Saterdae tydens middag- en aandete aangebied word.
Heerlike kos is ook by die restaurant beskikbaar. Die gewilde buffet-tafel is ook weer by die mark waar mense ‘n heerlike aandete vanaf 17:30 kan koop en ook as wegneem-ete kan huis toe neem.
Vertel gerus vir familie, vriende en kollegas om hierdie datum oop te hou. Geskenkbewyse is reeds beskikbaar en dien as ‘n wonderlike geskenk vir iemand spesiaal.
Dit is beskikbaar by die kerkkantoor van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos in Paryslaan.
Vir nadere besonderhede kan Adele by (018) 290 7690 geskakel word.

Related Articles

Back to top button