NewsNews

Beveilig jou huis en jou gesin hierdie Desember-vakansie

Na aanleiding van verskeie huisbrake in Parys en omgewing, doen die Parys-polisie, Parys Gemeenskap Polisiëring Forum en Buurtwag (WeCare) ’n beroep op inwoners om die volgende veiligheidswenke toe te pas, veral oor die Desember-vakansie wanneer misdaadsyfers tradisioneel styg. Geen voorsorgmaatreëls is ’n waarborg dat jy nie ’n slagoffer sal wees nie. Dit is egter steeds …

Na aanleiding van verskeie huisbrake in Parys en omgewing, doen die Parys-polisie, Parys Gemeenskap Polisiëring Forum en Buurtwag (WeCare) ’n beroep op inwoners om die volgende veiligheidswenke toe te pas, veral oor die Desember-vakansie wanneer misdaadsyfers tradisioneel styg.
Geen voorsorgmaatreëls is ’n waarborg dat jy nie ’n slagoffer sal wees nie. Dit is egter steeds belangrik dat inwoners die nodige kennis het om hul omgewing te beveilig.
Volgens ao. Jan le Roux is dit veral belangrik om die identiteitsdokumente, foto’s en adresse van jou werknemers, insluitend huishulpe en tuinwerkers, te kry met hul aanstelling. Wynand Nel van die buurtwag het ook ’n beroep op inwoners gedoen om die buurtwag of polisie te kontak indien verdagte persone of voertuie in die omgewing opgemerk word.
Hou die volgende veiligheidsmaat-
reëls in gedagte:
• Maak seker dat jou woning veilig en gesluit is.
• Indien jou sleutels wegraak, vervang die slotte en kry nuwe sleutels.
• Sorg vir goeie beligting rondom jou woning.
• Ken jou bure. Ruil telefoonnommers uit en hou ‘n ogie oor mekaar se wonings. Sluit aan by die GPF of Sektor Polisiëring (buurtwag).
• Kontak die polisie by (056) 816 2519, die buurtwag, of gebruik jou alarm paniekknoppie wanneer jy onraad vermoed.
• Sorg vir genoegsame sekuriteit, diefwering, veiligheidshekke, alarmstelsel en omheining.
• Ken alle noodnommers. Leer ook jou kinders om die nommers te bel.
• Moet nooit sleutels in deure laat nie.
• Indien daar by jou woning ingebreek word, vervang onmiddellik die slotte.
• Installeer slotte by skuifdeure.
• Sorg dat jou gordyne saans toegetrek word.
• Moenie tuingereedskap buite laat rondlê nie. Dit is gereedskap wat vir inbrake gebruik kan word.
• Moenie waardevolle items in die huis laat rondlê nie.
• Beloon jou werknemers vir bruikbare inligting wat misdaad kan voorkom

Related Articles

Back to top button