NewsNews

Katgriep – wees gewaarsku!

Katgriep (Parvo Enteritis) is weer in die omloop en word gewoonlik erger in die reënseisoen. Katgriep is ’n  hoogs aansteeklike virus wat honde (veral onder 6 maande) aantas. Parvovirus is uiters aggressief en tas die maagdermkanaal aan. Dit veroorsaak braking en bloederige diaree wat lei tot ontwatering, hipotermie, toksemie en uiteindelik die dood. ’n  Hele …

Katgriep (Parvo Enteritis) is weer in die omloop en word gewoonlik erger in die reënseisoen.
Katgriep is ’n  hoogs aansteeklike virus wat honde (veral onder 6 maande) aantas.
Parvovirus is uiters aggressief en tas die maagdermkanaal aan. Dit veroorsaak braking en bloederige diaree wat lei tot ontwatering, hipotermie, toksemie en uiteindelik die dood. ’n  Hele werpsel kan uitgewis word.
Behandeling is duur en slegs ondersteunend aangesien die immuunsisteem die virus self moet uitwis. Baie honde oorleef met behandeling, maar ongelukkig nie almal nie.
Sekere honderasse soos Rottweilers en Dobermans onder andere, is besonder vatbaar, sowel as honde wat geen inentings gehad het nie is beslis dié wat die swakste kans op oorlewing het.
Parvovirus besmet ook die omgewing. ’n  Besmette erf bly vir baie jare besmet. Katgriep vat omtrent 7 tot 10 dae ná blootstelling voor die diere siek word.
Die antwoord lê hoofsaaklik in voorkoming van die siekte.
* Wees versigtig waar jy klein hondjies koop. Maak doodseker dat daar geen geskiedenis van katgriep is nie.
* Verkopers wat handel of “smous” met klein hondjies, dra ’n  risiko weens die hoë omset van diere en die verhoogde risiko van blootstelling.
* Indien jy uit goedheid hondjies optel om hulle te help of te red, is daar ’n  werklike risiko vir jou honde by die huis. Baie keer word die nuweling eers ná ’n  paar dae in sy nuwe huis siek. Teen daardie tyd is die huis se ou inwoners blootgestel aan die virus.
* Enting speel die grootste rol in voorkoming.
* Groot honde moet jaarliks ge-ent word.
* Teeltewe moet jaarliks ge-ent word om immuniteit aan hulle babahondjies deur hulle bies oor te dra aan die klein hondjies wat hulle vir die eerste 4 tot 6 weke van hulle lewe beskerm. Die enting moet verkieslik buite die dragtigheid gegee word.
* Babahondjies word van 6 weke af ge-ent en weer op 9 en 12 weke, en daarna jaarliks. (Inligting verskaf deur Parys Dierehospitaal).

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button