NewsNews

Wysiging aan belastingwet nog ʼn slag vir land se finansies

Beoogde wysigings aan bestaande belasting- en administrasiewette sal dien as verdere spykers in Suid-Afrika se finansiële doodskis en sal bloot ʼn kanaal skep waarlangs belastinggeld makliker na staatskapers herlei kan word, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.   Adv. Alberts het vandag met die eerste lesingsdebat van die Tariewe en Monetêre Bedrae …

Beoogde wysigings aan bestaande belasting- en administrasiewette sal dien as verdere spykers in Suid-Afrika se finansiële doodskis en sal bloot ʼn kanaal skep waarlangs belastinggeld makliker na staatskapers herlei kan word, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

 

Adv. Alberts het vandag met die eerste lesingsdebat van die Tariewe en Monetêre Bedrae en Wysiging van Inkomstewette Wetsontwerp, Belastingwette Wysigingswetsontwerp en Administrasiewette Wysigingswetsontwerp, gesê die wysigings verteenwoordig die stelsel van staatskaping.

 

Hy het gesê die minister van finansies moet in ag neem dat hy tans in die oog van ʼn perfekte storm instaar wat belastinginvordering aanbetref.

 

“Die omgewing vir belasting het drasties verander omdat belasting-moraliteit en die sakeomgewing verander het. Dit is twee faktore wat verreken moet word en wat die volgende boodskap aan die regering stuur:

 

“Ten eerste het die sake-omgewing só negatief geword, dat die ekonomie inkrimp. Die Laffer-kurwe is reeds bereik waar hoër belasting bloot tot minder beleggings lei. Ook weens die ANC se swak fiskale en sakebeleid, en die plundering van hulpbronne.

 

“ʼn Suid-Afrikaanse sakeman in die finansiëledienstesektor, wat sy sake na Brittanje verskuif het, het my verlede jaar gevra waarom die ANC-regering die sakeomgewing haat. Al wat hy wil doen, is om in Suid-Afrika te floreer en werk te skep. Ek kon hom nie antwoord nie. Miskien kan die minister verduidelik hoekom hulle sake sien as ʼn vyand wat vernietig moet word.

 

“Wat die middelklas, die grootste bydraer tot die fiskus, aanbetref, kan ons net aanvaar dat mense met minagting deur die regering en die inkomstediens (SAID) behandel word, want dit is dié klas wat vernietig moet word.

 

“Die inkomstediens is besig met ‘n volskaalse oorlog teen individuele belastingbetalers. Die diens word ook misbruik as instrument om politieke opponente by te kom. Daar is waarskynlik nie ‘n opposisie-LP wat tans nie geoudit word nie.

 

“Ten tweede is die VF Plus van mening dat ons reeds ‘n stadium van ‘n spontane en stille belastingopstand betree het. Belastingbetalers wil nie ‘n gekaapte staat subsidieer nie. Die individuele belastinglas het die punt verbreek waar hoër belasting tot minder invordering lei.

 

“Selfs Kanada het nou dié punt bereik, alhoewel dié land se hoogste belastingkerf 33 persent is in vergelyking met Suid-Afrika wat vinnig op pad is na ʼn hoogte kerf van 50 persent.

 

“Die minister moet verstaan dat dié belasting-uitdagings ʼn maaksel van sy eie party is. Dit gaan nie verander nie totdat ʼn nuwe regering in 2019 verkies word. Ons sal voortgaan om almal wat aandeel hieraan het, te onbloot en verantwoordbaar te hou,” sê adv. Alberts

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button