NewsNews

VF Plus lê klag oor Bloemfontein waterkrisis

Die Vryheidsfront Plus het gister 21 November ‘n strafregtelike klag gelê teen die Mangaung-metroraad se uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli en die waarnemende stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, weens die voortslepende waterkrisis wat Bloemfontein die afgelope week lamlê.   “Ingevolge die Wet op Waterdienste, Wet 108 van 1997, is dit Mlamleli as politieke hoof en Mea as …

Die Vryheidsfront Plus het gister 21 November ‘n strafregtelike klag gelê teen die Mangaung-metroraad se uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli en die waarnemende stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, weens die voortslepende waterkrisis wat Bloemfontein die afgelope week lamlê.

 

“Ingevolge die Wet op Waterdienste, Wet 108 van 1997, is dit Mlamleli as politieke hoof en Mea as administratiewe hoof van die metro se verantwoordelikheid om te verseker dat inwoners doeltreffende, bekostigbare, ekonomiese en volhoubare waterdienste ontvang,” sê dr Elizabeth Snyman-Van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metroraad. Die waterkrisis wat Bloemfontein se woonbuurte tans ervaar, is die direkte gevolg van ‘n tekort aan bevoegde amptenare en ‘n gebrek aan ‘n politieke wil in die metro se bestuur om die voortslepende waterprobleme daadwerklik aan te spreek. Watervlakke van die damme wat Mangaung voorsien, het reeds kritieke vlakke bereik. Dit is onaanvaarbaar dat duisende kiloliter water nou verlore gegaan het weens die onkundigheid en onbevoegdheid wat tot die bars van die pype gelei het. Die watertekort het nou verreikende ekonomiese, maatskaplike en gesondheidsgevolge in ‘n stad wat dit nie kan bekostig om die krisis van die afgelope sewe dae te ervaar nie. Sakelui, gesondheidsdienste en skole is afhanklik van water en kan nie funksioneer tydens enige waterkrisis nie. Dit is ook die metrobestuur se verantwoordelikheid om op sy beurt te verseker dat die waterverskaffer, Bloemwater, sy pligte nakom om te verseker dat inwoners water het.”

 

Die party sê in ‘n verklaring die  afgelope week se krisis, wat as instandhoudingswerk begin het, sou nie plaasgevind het indien die burgemeester en stadsbestuurder daadwerklike maatreëls in plek gestel het om die soveelste watertekort af te weer nie.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button