NewsNews

Oproer op die Golden Highway by Vanderbijlpark

Die polisie versoek motoriste om die gebied tans te vermy VANDERBIJLPARK. – Betogers is sedert 08:00 vanoggend besig om bande te brand en groot klippe op die Golden Highway te pak. Sommige motoriste se voertuie is van vroeg vanoggend af met klippe bestook of tot stilstand gedwing en deur die oproermakers geskud. Die Golden Highway …

VANDERBIJLPARK. – Betogers is sedert 08:00 vanoggend besig om bande te brand en groot klippe op die Golden Highway te pak. Sommige motoriste se voertuie is van vroeg vanoggend af met klippe bestook of tot stilstand gedwing en deur die oproermakers geskud.
Die Golden Highway is tans vanaf die robot by die sogenaamde Kruising van die Dood, rigting Johannesburg, toegemaak en motoriste word aangeraai om ook nie elders op die pad te probeer kom nie.
Volgens mnr. Peter Steyn van Econoflex, is hy en ander werknemers tans in die Turbo Industrial Park-gebied op die hoek van Rautenbachstraat en die Golden Highway, vasgekeer. Die betogers drom in die pad saam en brand bande digby die perseel se uitgangshek, sodat werknemers nie met hul voertuie daar kan uitgaan nie.
Die rede vir die betoging is glo dat Bophelong en aangrensende townships die afgelope 3 of 4 dae nie elektrisiteit het nie. Die betogers (tans is dit ‘n groep van so tussen 70 en 100) sluit glo kinders van so jonk as omtrent ses jaar tot middeljarige mense in.
Daar is op die oomblik ‘n groot polisieteenwoordigheid in die gebied. Motoriste word versoek om die area te vermy.

Foto’s: Peter Steyn

Related Articles

Back to top button