NewsNews

Verhoor eers Woensdag hervat

Die verhoor van die 6 mans van Parys wat tereg staan op twee klagte van moord na die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda, is Maandagmiddag deur regter Corné van Zyl  in die Hoë Hof in Parys uitgestel na Woensdagoggend ná beide die verdediging en die staat haar genader het oor ernstige kwessies wat …

Die verhoor van die 6 mans van Parys wat tereg staan op twee klagte van moord na die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeda, is Maandagmiddag deur regter Corné van Zyl  in die Hoë Hof in Parys uitgestel na Woensdagoggend ná beide die verdediging en die staat haar genader het oor ernstige kwessies wat hulle aanvoer eers uitgestryk moet word voor die verhoor kan voortgaan.
Regter Van Zyl het daarna beide regsspanne kans gegee tot môre (Dinsdag 14 November) om 09:00 om terugvoer aan haar te gee. Sy het ook gesê hoewel sy nie kennis dra van die betrokke kwessies nie, sy seker is dat dit in belang van geregtigheid is dat dit eers aangespreek word voor die saak kan voortgaan.
Die saak sal dan weer op Woensdag 15 November hervat word en is op die hofrol tot 24 November.  Geen getuienis of kruisondervraging sal môre gelei word nie.
Die staat beweer dat die ses aangeklaagdes, Boeta van der Westhuizen, sy seun, Loedie van der Westhuizen Jr en Boeta se skoonseun Miela Janse van Vuuren, asook kapt Henk Prinsloo, Anton Loggenberg en sy seun, Cor Loggenberg, na bewering glo die twee oorledenes so erg sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hulle aan hul beserings beswyk het.

Tjixa en Jubeda is daarvan verdink dat hulle betrokke was by ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen Sr.

Adv. Nico Dreyer asook Kobus Burger, Gideon Mandelstam en Hannes Grimbeek verskyn vir die 6 beskuldigdes. Adv. Jabulani Mlotshwa en adv Sandile Mthethwa verskyn vir die staat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button