NewsNews

Pryse van R400 000 te wen in Vaaldam Bonanza 2017

Die jaarlikse Rapala VMC Vaaldam Bonanza vind die naweek van 24 tot 26 November by Biermans plaas Die jaarlikse Rapala VMC Vaaldam Bonanza vind die naweek van 24 tot 26 November by Biermans plaas. Die Vaaldam Bonanza het ‘n ryke tradisie en word sedert 2002 aangebied. Hengelaars van wyd en syd gebruik die geleentheid om …

Die jaarlikse Rapala VMC Vaaldam Bonanza vind die naweek van 24 tot 26 November by Biermans plaas. Die Vaaldam Bonanza het ‘n ryke tradisie en word sedert 2002 aangebied.
Hengelaars van wyd en syd gebruik die geleentheid om ou vriendskapsbande te hernu en lekker vis te vang.
Vanjaar se Vaaldam Bonanza het weer eens groot pryse om te wen. Die bekende handelsmerk Rapala borg onder meer fantastiese hengelgerei wat as pryse gewen sal kan word. Daar is ook baie ander groot pryse om te wen. In totaal is meer as R400 000 se pryse op die spel.
Die hengeltoernooi word aangebied vir boot– en oewerhengelaars. Daar is ook ‘n spanhengelkompetisie vir seniors, dames en junior afdelings.
Die teiken visspesies is karp en baber. In die spankompetisie is graskarp die teikenspesie.
Daar is ook pryse vir die mooiste spandrag en grootste span wat deelneem.
Hengelaars kan aanlyn plek bespreek om seker te maak jy kry plek saam met jou vriende.
Die hengelkaartjies is R270 per volwassene en R150 per junior.
Die Rapala VMC Vaaldam Bonanza word aangebied deur Eco-Care Trust en Die Oewerhengelaartydskrif.
Meer inligting is beskikbaar op www.vaaldambonanza.com of skakel vir Joyce by 074 2181 621.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button