NewsNews

Dieet – hoe om dit reg te doen

Dis amper Desember en ‘dieet’ is die woord op almal se lippe, maar werk hierdie woeps-waps vet-af dieet werklik? Potchefstroomse dieetkundige, Cornel Joubert, beantwoord ’n paar vrae wat gereeld gevra word wanneer dit kom by dieet, gewigsverlies en selfs net gesond leef. FOTO: Pinterest Dis amper Desember en ‘dieet’ is die woord op almal se …

FOTO: Pinterest

FOTO: Pinterest

Dis amper Desember en ‘dieet’ is die woord op almal se lippe, maar werk hierdie woeps-waps vet-af dieet werklik? Potchefstroomse dieetkundige, Cornel Joubert, beantwoord ’n paar vrae wat gereeld gevra word wanneer dit kom by dieet, gewigsverlies en selfs net gesond leef.

1. Hoeveel kilojoules is mense veronderstel om daagliks in te neem om nie gewig op te tel nie?

Volgens Joubert is dit belangrik om nie te min kalorieë in te neem nie. “Ek sal nie minder as 4 200 kilojoules ’n dag inneem vir ’n gemiddelde gewig persoon nie, anders kan dit lei tot nutriënt-tekorte,” sê sy.

2. Hoekom tel baie mense skielik weer vinnig gewig op na afloop van ’n dieet?

’n Mens leer nie nuwe gewoontes aan deur spesifieke diëte, soos ’n hoë-proteïien dieet te volg nie en dan val jy weer terug in jou ou gewoontes as jy die dieet gelos het. Dan gaan jy jou ooreet aan sekere kossoorte wat uit die dieet gesluit is.

3. Wat is die regte hoeveelheid water om daaglik in te neem?

2 liter water per dag, maar dit sluit nie energiedrankies in nie. Energiedrankies bevat leë energie en het ’n groot hoeveelheid suiker in, daarom veroorsaak dit ’n onnodige gewigstoename.

4. Daar is so baie diëte daar buite, hoe weet ‘n mens watter een werk?

Aan die einde is dit maar ’n gebalanseerde dieet wat die beste werk. Sodra jy ’n voedselgroep uitsluit, is dit nie meer ’n gesonde dieet nie.

5. Is daar enige alkohol wat ’n mens kan drink as jy op ’n dieet is?

Drink verkieslik ligte alkoholiese drank soos Castle Light of Drostdy Hof Light. Dit het ’n laer alkohol inname.

6. Soms in die middel van ’n dieet, staan ’n mens se gewig stil, hoekom gebeur dit?

Dit hang af of jy aktief is. As jy meer aktief gaan wees, gaan jy weer begin gewig verloor. Jou voedselinname moet ook dalk net aangepas word om minder in te neem as jy nog nie op die minimale inname is nie.

7. Watter kossoorte moet ek vermy as ek gewig wil verloor?

Beperk ’n hoë-vet inname. Te veel stysel is ook nie aan te bevele nie, ’n mens het matige stysel inname nodig en ook nie te veel suiker nie. Alles in matigheid word aanbeveel.

8. Hoekom werk ’n spesifieke dieet vir een persoon, maar nie vir ’n ander persoon nie?

Elke persoon is uniek, so wat vir een persoon werk, gaan nie noodwendig vir ’n ander persoon werk nie.
Dit het ook te doen met ’n mens se gene, daar is deesdae toetse wat jy kan doen om te kyk watter tipe voedselsoorte is meer geskik vir jou.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button