NewsNews

Boek oor Grensoorlog ‘n versamelstuk

Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog was ons land se langste oorlog nóg. Baie aan albei kante het gesterf, maar wie was die wenner – en wás daar ‘n wenner? ‘n Groepie Vaaldriehoekse mans op pad Grens toe. Die datum was 10 Desember 1976 ’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het, het ’n bygewerkte …

‘n Groepie Vaaldriehoekse mans op pad Grens toe. Die datum was 10 Desember 1976

’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het, het ’n bygewerkte uitgawe van Willem Steenkamp se boek Suid-Afrika se Grensoorlog 1966-1989 nou verskyn. Die boek geniet reeds versamelstatus.

Steenkamp was jare lank militêre korrespodent by die Cape Times en het ’n diep kennis van die Grensoorlog. “Ek is ook ’n paar keer opgeroep as infanteris, net nog ’n modderskoentroep. Dit het ’n groot verskil gemaak, want dit gee jou die gevoel en insig vir so iets,” sê hy.

Hy skryf die afgelope jare se hernieude belangstelling in die Grensoorlog daaraan toe dat die soldate van destyds nou in hul middeljare is. Baie het ‘n behoefte om te verstaan waaroor dit nou regtig gegaan het en wat hul rol daarin was.

“Dis is ’n feit dat die skerp kant van ’n oorlog – die soldate op die slagveld – dikwels die minste weet. Terugskouend probeer hulle nou ’n breër agtergrond kry oor wat presies hulle gedoen het toe hulle op ’n bepaalde datum op ’n bepaalde plek was.”

Baie van die destydse Grensvegters se kinders of kleinkinders stel ook opnuut belang omdat hulle wil weet en verstaan waardeur hul pa of oupa gegaan het en wat die soldate op die Grens gedoen het.

Die skrywer woon nou in Kaapstad, aan die voet van Tafelberg. Hy het al verskeie geskiedenisboeke geskryf waarvan Suid-Afrika se Grensoorlog 1966-1989 die topverkoper is. Die bygewerkte uitgawe van die boek word uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers en kos sowat R385. Dit is by meeste vooraanstaande boekwinkels sowel as aanlyn beskikbaar.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button