NewsNews

Jong man verdrink byna by dorpswembad

Potchefstroom – ‘n Jong man is gelukkig om te lewe nadat hy gistermiddag (9 November) omstreeks 13:00 byna by die dorpswembad verdrink het. ‘n Jong man is gelukkig om te lewe nadat hy gistermiddag (9 November) omstreeks 13:00 byna by die dorpswembad verdrink het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op die toneel …

‘n Jong man is gelukkig om te lewe nadat hy gistermiddag (9 November) omstreeks 13:00 byna by die dorpswembad verdrink het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op die toneel gekom waar hulle die man wat vermoedelik in sy 20’s is, gevind het. Die swembad se lewensredders was reeds besig om KPR toe te pas.

ER24 het oorgeneem en stabiliseer waarna hy in ‘n kritieke toestand na Potchefstroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Meiring is die man glo deur die lewensredders gesien waar hy in die swembad gedryf het. Hulle het hom dadelik uit die water gehaal en KPR toegepas.

Related Articles

Back to top button