NewsNews

Student by Menseregtekommissie aangekla

Die student van die Potchefstroomkampus van die NWU wat verlede week in reaksie op die protesaksie teen plaasmoorde rassistiese opmerkings op Facebook gemaak het, is deur die Vryheidsfront Plus by die Menseregtekommissie vir haatspraak aangekla. Phomolo Maoba FOTO: FACEBOOK Die student van die Potchefstroomkampus van die NWU wat verlede week in reaksie op die protesaksie …

Phomolo Maoba FOTO: FACEBOOK

Die student van die Potchefstroomkampus van die NWU wat verlede week in reaksie op die protesaksie teen plaasmoorde rassistiese opmerkings op Facebook gemaak het, is deur die Vryheidsfront Plus by die Menseregtekommissie vir haatspraak aangekla.
“Wearing black won’t change a thing!! Youre (sic) all gonna (sic) be murdered like your master Terreblanche” het die derdejaarstudent, Phomolo Moaba, se inskrywing gelees.
Volgens Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes, is die student se uitlating blatante haat- spraak.
Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, word die student intern aangekla en die verhoor sal spoedig plaasvind. Moaba het verskoning gevra vir haar uitlating en gesê: “Ek wil hê almal moet weet dat ek regtig jammer is oor die ongeskikte/rassistiese kommentaar wat ek gemaak het.
“Ek haat nie witmense nie, ek pleit met almal dat julle my sal vergewe. Ek het ‘n vreeslike groot fout gemaak. Niemand verdien om vermoor, aangeval of gekaap te word nie. Toe ek die inskrywing gemaak het, was ek omgekrap oor ander kommentaar wat ek gelees het. Ons is almal mense en maak foute, asseblief Suid-Afrikaners, vergewe my.”
Groenewald sê “al het Moaba haar kommentaar van die blad verwyder en om verskoning gevra, is die skade reeds gedoen. Suid-Afrika is op ’n mespunt wat rassepolarisasie betref en ons kan net eenvoudig nie meer sulke uitsprake aanvaar nie.
“Sulke uitlatings is uiters onverantwoordelik en onaanvaarbaar in die vry en demokratiese samelewing wat Suid-Afrika veronderstel is om te wees.
“Ons het die MRK gevra om die voorval as ’n saak van dringendheid te ondersoek,” het Groenewald gesê. Moaba het intussen haar Facebook-profiel uitgevee.
Sy is ook na bewering as subkomiteelid van die Golden Key Society (’n organisasie vir topstudente in hul vakrigtings), geskors.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button