NewsNews

VF+ doen beroep op boere om veiligheidsplanne te verskerp

  Raadslid Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni skryf: Swart Maandag van 30 Oktober 2017 was ‘n hulpkreet van menige boere en die wêreld het kennis geneem van die uiters gevaarlike toestande waarin Suid-Afrikaanse boere ‘n bestaan probeer maak om so ‘n bydrae tot die land se ekonomie te lewer. In die week voor en …

 

Raadslid Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni skryf:
Swart Maandag van 30 Oktober 2017 was ‘n hulpkreet van menige boere en die wêreld het kennis geneem van die uiters gevaarlike toestande waarin Suid-Afrikaanse boere ‘n bestaan probeer maak om so ‘n bydrae tot die land se ekonomie te lewer.
In die week voor en na Swart Maandag lyk die statistieke so:
29 Oktober: Pensionaris (76) doodgeslaan in sy huis in Southport, KZN.
30 Oktober: Sarel Erxleben (62) doodgeskiet in sy huis in Deneysville, Vrystaat.
30 Oktober: Barry Baars doodgeskiet op sy plaas in Ficksburg, Vrystaat.
30 October: Bokkie Potgieter (73) doodgesteek op sy plaas in Vryheid, KZN
31 Oktober: Piet Verster (44) doodgesteek in sy huis in Stellebosch, Wes Kaap
31 Oktober: Willie Barnard doodgeskiet op sy plaas in Fochville, Gauteng
31 Oktober: Willem Woux, ‘n 35-jarige boer van Bonteheuwel doodgeskiet
2 November: Barry Baard ernstig gewond (Ficksburg)
2 November: 2 Vroue vermoor in Lichtenburg.
Die 73-jarige Elizabeth Kotze is doodgesteek.
2 November: 3 Plaasaanvalle afgeweer (Lindley, Piet Retief, Marble Hall).
2 November: ‘n 52 jarige boer van die plaas Zout van de Aarde, in Albertinia-distrik
is vermoor.

Die Vryheidsfront Plus veroordeel ten sterkste openbare uitsprake van politieke leiers waar boere en blanke Suid Afrikaners van rassisme beskuldig word. ‘n Dringende beroep word op boere en landelike gemeenskappe gedoen om veiligheidstrukture en gebeurlikheidsplanne op te skerp.

Related Articles

Back to top button